[Foto’s] Drie glase wyn later

3 glase wyn-projek deur Marcos Alberti (Foto via http://www.masmorrastudio.com/)

3 glase wyn-projek deur Marcos Alberti (Foto via http://www.masmorrastudio.com/)

ʼn Brasiliaanse fotograaf se “3 glase later”-fotoreeks is tans baie gewild op sosiale media en word wyd gedeel.

Marcos Alberti het gesê hy het sy vriende na een, twee en drie glase wyn afgeneem. Volgens hom was dit aanvanklik net vir die grap, soos ʼn speletjie na-ure.

“Die eerste foto is geneem net nadat hulle by die ateljee opgedaag het, om die stres en uitputting ná ʼn dag se werk uit te beeld,” het hy verduidelik. Meeste gaste begin gou glimlag of raak sommer verspot nadat hulle een of twee glase wyn gedrink het.

Klik hier om nog foto’s te sien
Besoek sy Facebook-blad en Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adri ·

Party lyk amper beter na n glassie wyn of 2….. hehehe eerste fotos so ernstig dan begin dit meer natuurlik en vriendeliker lyk….

Karma ·

Garfield, seg ek mos dieselfde! Na 3 glase wyn (en onthou: dit is ORDENTLIKE GLASE wyn – nie daai -hou-‘n-katspoegie-wyn “samples” glasies nie) raak ek geensins laf nie; dit kom eers hier by so die tiende glas.

B ·

Definitief ñ paar Suid-Afrikaners wat kan doen met 3 glase wyn..??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.