Foto’s: Dronk krimpvarkie van pad gehaal

krimpvarkie3
ʼn Krimpvarkie wat in die Nederlandse stad Arnhem homself aan die voggies van ’n bottel vuurwater vergryp het nadat dit in die straat gebreek het, is deur ’n diere-ambulans opgepik en na ’n sentrum geneem om sy roes af te slaap.

Die diertjie is deur ’n verbyganger opgemerk, wat die nooddienste in kennis gestel het.

Die diertjie was so kapot gedrink dat hy hom nie eens teen dreigende gevaar kon opkrul nie.

Hy sal, nadat die babelas die wyk geneem het, weer in die natuur vrygelaat word. Die Dierentehuis Arnhem het op sy Facebook-blad gesê die krimpvarkie het hom aan Advocaat, ‘n tradisionele Nederlandse alkoholiese drank gemaak van eiers, suiker en brandewyn, vergryp.

Die Dierentehuis Arnhem het die onderstaande foto’s van die voorval op Facebook gelaai:

Bron: ANP@Yoursite

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Onskuldig ·

Die Advocaat sou hom darem seker onskuldig kon bevind vir dronkenskap in die openbaar..!

Peet Schabort ·

Arme ou wat die bottel laat val het, wat ‘n skade . . .

Eliza-beth ·

As die bottel geval en gebreek het moes die goed tog uitgeloop het. Hoe was daar nog so baie dat die diertjie so dronk kon word? die storie maak nie sin en klink weer vir MY asof iemand die arme diertjie dit ingegee het. Ja ek mag verkeerd wees, MAAR jare gelede as jong persoon met min geld wat die wêreld wou sien, het ek eenkeer goedkoop verblyf in Amsterdam kon kry. Daar lê toe so ‘n groot kat en slaap deur die lawaai van musiek en mense se kom en gaan en geraas. Niks gereageer op streling of enigiets en op my navraag antwoord die outjie wat die plek bestuur, o hulle voer hom bietjie dagga saam met sy kos – groot grap! Ek het DADELIK my goed gepak en ander slaapplek gesoek. Dagga is mos “kruie” daar – selfs die kroonprins het al gesuig aan die goed dan wil daar nog Suid Afrikaners met behulp van ‘n gek van Brasilië se petisie soontoe emigreer! ASSEBLIEF!

Berhalet Beukes ·

Ag die artikel is so oulik bewoord en die ou krimpvarkie só “cute”. Kom ons waardeer maar die afleiding van die daaglikse moord en doodslag wat ons nuus opskrifte oordonder.

Gerhard ·

Toe díe varkie hom so vergryp, word hy toe ‘n prokureur?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.