ʼn Krimpvarkie wat in die Nederlandse stad Arnhem homself aan die voggies van ’n bottel vuurwater vergryp het nadat dit in die straat gebreek het, is deur ’n diere-ambulans opgepik en na ’n sentrum geneem om sy roes af te slaap.
Die diertjie is deur ’n verbyganger opgemerk, wat die nooddienste in kennis gestel het.
Die diertjie was so kapot gedrink dat hy hom nie eens teen dreigende gevaar kon opkrul nie.
Hy sal, nadat die babelas die wyk geneem het, weer in die natuur vrygelaat word. Die Dierentehuis Arnhem het op sy Facebook-blad gesê die krimpvarkie het hom aan Advocaat, ‘n tradisionele Nederlandse alkoholiese drank gemaak van eiers, suiker en brandewyn, vergryp.
Die Dierentehuis Arnhem het die onderstaande foto’s van die voorval op Facebook gelaai:
Bron: [email protected]
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Die Advocaat sou hom darem seker onskuldig kon bevind vir dronkenskap in die openbaar..!
Aaaaaw! Te dierbaar vir woorde…
Hiehie arme diertjie!!
Arme ou wat die bottel laat val het, wat ‘n skade . . .
As die bottel geval en gebreek het moes die goed tog uitgeloop het. Hoe was daar nog so baie dat die diertjie so dronk kon word? die storie maak nie sin en klink weer vir MY asof iemand die arme diertjie dit ingegee het. Ja ek mag verkeerd wees, MAAR jare gelede as jong persoon met min geld wat die wêreld wou sien, het ek eenkeer goedkoop verblyf in Amsterdam kon kry. Daar lê toe so ‘n groot kat en slaap deur die lawaai van musiek en mense se kom en gaan en geraas. Niks gereageer op streling of enigiets… Lees meer »