Foto’s: Egpaar verwelkom 100ste kleinkind

'n Familiefoto.

‘n Familiefoto.

ʼn Egpaar van Quincy, Illinois, in die VSA wat al vir 59 jaar getroud is, het onlangs hul 100ste kleinkind verwelkom.

Die Herald-Whig berig dit is omtrent ʼn gedoente wanneer Leo en Ruth Zanger se kinders en kleinkinders kom kuier. Die egpaar het op 8 April hul 100ste kleinkind verwelkom. Die Zanger-egpaar het 12 kinders, 53 kleinkinders, 46 agterkleinkinders en een agter-agterkleinkind.

Die nuutste toevoeging tot die familie is Leo en Ruth se kleinseun Austin en sy vrou, Ashleigh, se tweede kind. Klein Jaxton is die 46ste agterkleinkind. “Die goeie Heer hou net aan om hulle te stuur. Ons kan ons eie dorpie begin,” het Leo gesê.

Leo en Ruth se 12 kinders is tussen 1956 en 1984 gebore. Linda is in 1956 gebore en is op 58 jaar hul oudste kind. Joe was met sy geboorte in 1984 reeds tien keer ʼn oom. Hy is nou 31 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hanlie ·

Ek dink dit moet ‘n heerlike familie byeenkoms wees…..

THEA SWART ·

ek dink dis wonderlik om na 58 jaar nog saam te kan wees en hulle lyk nog jonk genoeg vir nog ‘n paar klein-kinders baie geluk

Tommy ·

Dink net al daai geskenke wat ouma & oupa groot elke kersfees moet koop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.