[Foto’s] ‘Ek is nie ʼn hond-mens nie…’

Dit is wonderlik om hond te hê wat deel is van die gesin, maar soms is nie al die gesinslede so opgewonde oor die idee van ʼn troeteldier nie. Die webwerf, Bored Panda, het skreeusnaakse foto’s gepubliseer van pa’s wat geweier het om die honde, wat nou deel van die gesin is, te verwelkom…

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Foto: Boredpanda.com

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

m ·

Dis so fantasies om n troeteldier te he en daai liefde wat jy vir hulle ontwikkel is so fantasties. Dis so lekker om hulle te kan bederf. Dis hoekom ek nog nooit kon verstaan hoe mense sulke wonderlike goed kan mishandel nie…………

Griet ·

Ek glo nog altyd (en ek was nog NOOIT verkeerd bewys nie), mense wat nie met honde oor die weg kom nie, kan jy nie vertrou nie. Mense (mans) wat diere mishandel, sal kinders en vroue ook mishandel.

Lydia ·

Ek stem. Ek het 3 honde en is baaaaiiee lief vir hulle. Kan nie my lewe indink sonder hulle nie. So opgewonde as ons by die huis kom, shame ma se kinders!!

Bolander ·

Dit is die beste, beste, beste, beste vriend wat jy ooit in jou lewe kan hê. Jy kry nie beter nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Adel ·

Ek stem beslis saam, en hulle warm verwelkoming in die middae en sommer net hulle bestaan. Ek weet ook nie wat ek sonder ons honde kinders sou doen nie.!!!!!!!!!!! Ons het altyd net buite honde gehad en so 4 jaar terug het ons vir ons jongste ñ yorkie gekoop, nou ja die mannetjie is so in “oupa” se hart ingekruip, loop al agter hom aan. Na dit het ons 2 sussie yorkies gekry, hulle 3 lê ons so vas in die nag, maar ai ons pas ons aan by hulle. Net soos kinders in die huis. Gaan saam op vakansie en is baie lief vir kamp!!!!

Beslis ñ mens se BESTE vriend!!

pamela Woest ·

My dogter se hond wag ons elke dag in, as my kar deur oopmaak, gee sy my nie eers kans om uit te klim nie, dan sit haar voorpote op my skoot. Sy weet sy mag nie aan die kar raak nie, darm heg sy lang bene…. het self baie lief geword vir haar.

Helena Jacobs ·

In ons huis was dit ook “Nee, ek soek nie ‘n hond nie” en nou….. is dit “Pa se honne” en “ouma, ons moet ry… daar is 2 blaffie kinders by die huis”

Charmaine ·

Ons het ‘n hond wat almal wat met hom in kontak kom, net aanraak met al sy liefde wat hy uitstraal… Selfs persone wat selferkende nie-hondeliefhebbers is , het hy al gekry om saam met hom op die vloer te sit en speel…. Dit is net amazing wat hulle kan regkry met hulle onvoorwaardelike liefde, hulle verwag regtig niks in ruil terug behalwe liefde nie en is elke dag dieselfde. Mense wat dit nie kan of wil ervaar nie verloor so baie uit in die lewe…..

Maria Van Dieweeck ·

Stem saam almal hierbo en dis tog so snaaks om te sien hoeveel van die woefkinners lyk soos oubaas!

Anna ·

Stem,dis die enigste ware opregte liefde, geen mens kom naby n hond se liefde en trou nie, ek het 9. 7 kleintjies en 2 rotweilers. Verkies my honde kinders bo 2 gesig mense.

Rln ·

Ek is nie n honde mens nie, het n kat en ek stem saam kry nie n beter of getrouer vriend as jou troeteldier nie. Altyd bly as jy huistoe kom, daai groet in die aande as ek by die huiskom is n riem onder die hart .

Maureen ·

Ek het n worsie met n persoonlikheid soos niks. Hy verstaan als wat ek praat. Ruil hom vir niks. Het al in die twintig duisend betaal vir hom vir n rug operasie toe sie een verwel gees gee. Hy is my allles.

Mads ·

Ons harte is vandag in stukke, vanoggend een van ons viervoet “kindertjies” verloor. Ek kan net nie daaroor kom nie, huil aanmekaar. Die huis is leeg. Manlief net so hard saam gehuil.

Sonety ·

Ek het vandag 2 wees woefe aangeneem. Hoop hulle pas aan by die malhuis van honde. Potbellies. Donkies. Voels. Ganse

Annakapat ·

lekker lag ek nou vir die “geharde” pappas wat so val vir die vierbeenkinders – ek het self ook so pappa by die huis wat sy hart verloor het op ‘n Boerboel met ‘n sagte hart en ‘n klein Jack Russeltjie met die mooiste geaardheid.

Jean ·

EK en my man was ook glad nie ‘hondemense’ nie totdat my seun ‘n klein Yorkie gekoop het, en soos met baie kinders wat ‘n troeteldier aanskaf, nie juis daarna veel verantwoordelikheid vir haar geneem het nie. Ek en pa het maar geleidelik al die pligte en verantwoordelikhede oorgeneem en veeartsbesoeke meegemaak en die klein dierbare dingetjie het in ons harte en in ons bed kom inkruip .. sy kry nou alles net van die beste .. sy het ‘n nanny wat na haar kyk as ons nie daar is nie, en as ons daar is word sy tot in die afgrond bederf en geliefie .. dit het ons altwee soveel beter mense gemaak, dit het ons geleer van onvoorwaardelike liefde, van afhanklikheid, van omgee vir die brose onskuldige wesens wat geskape is en aan ons toevertrou is … kan nie my lewe sonder daardie dingetjie indink nie.

Denise ·

Al wat honde vra is kos water en baie liefde nie om jou motor te leen of geld nie !!!!!!

Kerneels ·

Pappa se yorkie het my geleer van onvoorwaardelike liefde en omgee wat op sy beurt weer my n beter man en vriend vir my vrou maak.

Jd ·

Interesant om te sien hoe gou mense (Griet) oordeel. Net omdat jy nie n diere mens is nie beteken nie jy mishandel diere nie, baie mense is nie kinder mense nie dit maak hulle nie slegter nie hulle verkies net om nie kinders te he nie. Ek is verseker nie n dieremens nie maar ek sal nooit in my lewe n dier seermaak nie. Al wat dit beteken ek verkies om nie n dier aan te hou want ek sal hom nie die liefde en aandag gee wat hy verdien nie. En Griet ek mishandel nie my vrou of kinders nie so daar is jy nou verkeerd bewys.

Susan ·

Ñ hond is die beste maat wat jy kan hê hul weet wanneer jy siek is hartseer is of net ñ slegte dag gehad het. Hul verkwik jou siek. Ek 5 vier voetige engele in my lewe. En kan nie wag om by die huis te Kom om hul te sien nie. ?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.