Foto’s: Elke gestorte traan is uniek

Foto: medium.com

Foto: medium.com

Maurice Mikkers, ʼn fotograaf van Den Haag, het onlangs ʼn reeks foto’s genaamd “Imaginarium Of Tears” gepubliseer. Dié reeks bestaan uit gekristalliseerde trane wat deur ʼn mikroskoop afgeneem is. Volgens Mikkers wil hy die skoonheid van trane wys – iets wat gewoonlik met seer of swakheid geassosieer word.

Volgens wetenskaplikes is daar drie soorte trane, naamlik Basaal-trane, refleks-trane en emosionele-trane. Hulle sê elke traan se taaivloeibaarheid en samestelling verskil van mekaar.

Mikkers het verskeie eksperimente gedoen sodat hy dié verskillende trane kon vasvang en afneem. Die resultaat is pragtig.

Besoek gerus Medium.com vir die volledige berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

Jinne maar DIS nou vir jou interessant – laat mens dink aan sneeuvlokkies wat ook elkeen anders en uniek is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.