[Foto’s en video] Bruid stap met oliebolruiker na kansel

Paige Kirk (23) (Foto: Instagram via @dessertboxes)

Sommige bruide verkies om minder tradisioneel as ander te wees. In die meeste gevalle bly blomme egter ʼn integrale deel van ʼn trouseremonie en -onthaal.

Dít is egter nié die geval nie met ʼn Australiese bruid wat onlangs op haar troue met ʼn ruiker van oliebolle na die kansel gestap het. Die strooimeisies se ruikers was ook oliebolle.

Paige Kirk (23) van Sydney het aan die BBC vertel sy en haar man, Steven, het gedink dit sou “iets anders” en “pret” wees om blommeruikers vir oliebolle te verruil.

“Bruide moet meer ontspanne wees en meer pret hê. Al die gaste het gedink dis skreeusnaaks en die personeel by die onthaal kon nie hul oë glo nie. Mense was mal daaroor,” sê sy.

Kirk sê die strooimeisies het tot ná die seremonie daarin geslaag om nié ʼn hap van hul “ruikers” te  neem nie ten spyte daarvan dat dit hoogs aptytlik gelyk het.

Sy sê die gaste het egter tydens die onthaal behoorlik hul tande in die ruikers geslaan.

Die egpaar is al vir vyf jaar in ʼn verhouding. Die twee het aan die BBC gesê hulle kan nie glo watter oorweldigende reaksie hul oliebolruikers gekry het nie.

https://www.instagram.com/p/BY5QG_Slmx6/?taken-by=dessertboxes

Paige Kirk (23) saam met haar strooimeisies (Foto: Instagram via @dessertboxes)

Paige Kirk (23) saam met haar strooimeisies (Foto: Instagram via @dessertboxes)

Paige Kirk (23) (Foto: Instagram via @dessertboxes)

Paige Kirk (23) saam met haar strooimeisies (Foto: Instagram via @dessertboxes)

Paige Kirk (23) (Foto: Instagram via @dessertboxes)

Paige Kirk (23) saam met haar pa (Foto: Instagram via @dessertboxes)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

foxi ·

Ag nee man………….gaan die troue oor oliebolle…..of gaan dit nou om n belofte te maak aan mekaar. Sommer net snert…..jammer.

Stan ·

Die huwelik gaan ook nie oor ‘n mooi ruiker nie. Die bruidspaar wat al jare saam is, het iets prettig gedoen om saam met friende en familie te geniet. Die belofte is wel met erns gemaak maar saam daarmee ‘n tong in die kies wat die tweetjies altyd kan onthou, hulle kleinkinders mee kan vermaak en eendag op die agterstoep oor a “cuppa” lekker saam kan lag. Lank lewe die Kirks & kinders by die dosyne!!

Lizelle ·

Ja-nee, regtig – is die storie nou nuuswaardig…dalk oulik, maar om die nuus te haal- kom nou….

Adrian ·

Wanneer sy daai ruiker in die lug gooi is daar darem iets om te eet na n paar dae land die blomruiker in die vullisblik

Willem ·

Dankie Maroela Media dat jul die storie gedeel het. Mens kan nie net leef van ernstige nuus nie.

Skraletjie ·

Ek stem LEEU, as jy reeds ‘n gewigsprobleem het, moet jy maar wegbly van die oliebolle af. En NEE ek is nie Ms Universe nie, maar ek is ook nie OBeSE of oorgewig soos die dame met die oliebolruiker nie, lyk my sy het probeer snaaks wees. Heel eerste wat ek dink is, JY KAN DIT NIE BEKOSTIG MET DAAI LYF NIE!

Marlene ·

Die berig is mos onder Vreemdhede, en nie onder die opskrif nuus nie – se net. kan nie altyd mense verstaan nie almal oordeel altyd dit raak vir mense soos asemhaal deesdae. ek hou baie van die berig dink dis baie oulik, alles in die lewe hoef nie altyd so erenstig en styf te wees nie, te minste het hulle seker gemaak hulle en hul gaste gaan die troue verseeker onthou. Spyt ek het nie daar aan gedink nie.

Welgedaan Maroela Media – Almal kla altyd dat jul berigte net negative is maar nou berig julle oor iets wat oulik en positive is maar dis ook verkeerd, aai aai sal ook nooit mense verstaan nie

Lollie ·

Wat is oordeel? Kritieke lewer, jou jou opinie gee was nog nooit oordeel nie. Dis nie vir almal ‘n oulike trouruiker nie, veral nie in die tyd waarin almal probeer gesond eet en leef nie, weereens net JOU opinie.

Anoniem ·

Hoop sy het die tema deurgevoer en oliebolle in plaas van tradisionele troukoek bedien.

Franci ·

Sy gaan vir die res van haar lewe bekend staan as Doughnut! En sy het self die bynaam gekies.

Liza101 ·

Ja nee Franci, ek sal beslis nie onthou wil word vir die oliebolle nie! Mr and Mrs Doughnut!

Ruby ·

Ai tog mense, kalmeer net, sjoe party mense kan snipperig wees!

Persoonlik sal ek nie so ‘n ruiker kies, almal se smaak verskil maar ek sou met groot blydskap en liefde die bruid se dag saam met haar geniet het.

Die bruid lyk dol gelukkig en dis al wat saak maak.

To each his own.

Linda ·

Ek dink dis nou oulik! Dankie dat julle bietjie iets met ons deel om oor te lag! Doen dit gerus meer.

Uvonka ·

Baie beter as die “boring” same old, same old. Ek dink dit was oulik! Vet of nie, sy lyk super mooi en baie gelukkig.

Hannelie ·

Dis baie “cool”. Elke bruid het ‘n keuse van tradisie of nié tradisie. En ek hou daarvan. Die ruiker lê nie later in die kas en stof vergaar of verlep nie. Dit word geeët. Baie oorspronklik. En skraletjie dalk moet jy ‘n oliebol of 2 probeer…..jy klink darem te stokkerig.

Ouma ·

Ek sal nou nie sê dit is die mooiste ruiker nie, maar interessant. Dalk was sy platsak, en moes ‘n plan uitdink. Gelukkig is dit nie nog ‘n moord en doodslag storie nie. Daarom het ek dit geniet.

Henry 59 ·

Cool, die pad na n man se hart…………….Mal oor n vrou wat kos aandra !!!!!!!!!!!!!!!

anell ·

Dis flippen oulik en sy lyk pragtig. Beter en meer natuurlik as die stokkielekkers met hul stywe nekke! Dis haar troue en sy het betaal so negatiewe kommentaar is seker oor jy net kaktusse op jou troue gehad het. My magtig sowat van stuur lank laas gesien. Ek het so gross dag agter die rug en dit het my laat glimlag en dis mos nie sonder moeite en woeps waps aanmekaar geflans!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.