Foto’s en video: Die mees makabere kerk in die wêreld

Die Sedlec-ossuarium van buite

Die Sedlec-ossuarium van buite

Foto’s en ‘n video volg onderaan die berig. Die Sedlec-ossuarium is ʼn klein Rooms Katolieke kapel wat onder die Begraafplaaskerk van Heiliges in die Tsjeggiese Republiek geleë is. Die ossuarium bevat die beendere van tussen 40 000 en 70 000 mense wat kunstig uitgestal is.

Die beendere is in kunswerke uitgestal wat as versiering en dekor vir dié begraafplaaskerk dien. Meer as 200 000 toeriste besoek jaarliks dié makabere uitstalling.

Henry, die ab van die Cisterciënsiese klooster in Sedlec, is in 1278 na Israel gestuur. Hy het ʼn klein bietjie grond van Golgotha af teruggebring en dit oor die begraafplaas gestrooi. Talle mense van regoor Sentrale Europa het van dié godsdienstige daad uitgevind en wou gevolglik by die begraafplaas begrawe word. Duisende mense is ook in die 14e eeu hier begrawe wat as gevolg van die Swart Dood omgekom het.

ʼn Halfblinde monnik het egter in 1511 die opdrag gekry om die beendere van die massagrafte, wat tydens konstruksie opgegrawe is, op mekaar te stapel. ʼn Nuwe ingang is tussen 1703 en 1710 gebou. Die Schwarzenberg-familie het František Rint, ʼn houtsneewerker, in 1870 aangestel om die stapels bene ordelik te pak en dié makabere uitstalling is die resultaat.

Klik hier en klik hier vir nog foto’s.

‘n Video volg onderaan die foto’s.

Die Sedlec-ossuarium Foto: Viralnova

Die Sedlec-ossuarium Foto: Viralnova

Die Sedlec-ossuarium Foto: Viralnova

Die Sedlec-ossuarium Foto: Viralnova

Die Sedlec-ossuarium Foto: Viralnova

Die Sedlec-ossuarium Foto: Viralnova

Die Sedlec-ossuarium Foto: Viralnova

Die Sedlec-ossuarium Foto: Viralnova

Die Sedlec-ossuarium Foto: Tamara Mann, Flickr

Die Sedlec-ossuarium Foto: Tamara Mann, Flickr

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.