Foto’s en video: ‘n Oerangoetan en hond se ongewone vriendskap

Roscoe en Suryia

Die video’s en foto’s volg ná die berig.
Suryia die oerangoetan en Roscoe die Blue Tick-hond het ‘n vriendskapsband gesmee toe hulle in die South Carolina-reservaat vir bedreigde spesies ontmoet het. Nou swem hulle saam, speel hulle saam en Suryia gaan stap selfs met Roscoe.

Nadat Suryia sy ouers verloor het, was die driejarige oerangoetan só depressief dat hy nie wou eet nie en het ook nie op mediese behandeling reageer nie. Die veeartse was oortuig dat hy van hartseer sou sterf. Dit het egter alles verander toe hy Roscoe ontmoet het.

Die paar het mekaar twee jaar gelede ontmoet toe Roscoe agter personeellede van die Instituut van hoogsbedreigde en seldsame spesies (TIGERS) in Myrtle Beach aan huis toe gestap het. “Roscoe het baie maer en bietjie verdwaal gelyk, so ons het hom gevoer en begin versorg,” het dr. Bhagavan Antle, stigter van TIGERS, gesê. “Hy het ons deur die hek agtervolg en Suryia gesien. Die oomblik wat Suryia hom raakgesien het, het hulle na mekaar toe gehardloop en begin speel. Dit was ongewoon, want honde is gewoonlik bang vir primate, maar hulle het dadelik van mekaar gehou. Ons het ‘n paar oproepe gemaak om uit te vind of hy aan enigiemand behoort, en toe niemand vorendag gekom het nie, het Roscoe gebly.”

Suryia is ‘n diere-ambassadeur by die reservaat en help om baba-primate groot te maak, maar verkies om gehaltetyd saam met sy hondevriend te spandeer. “Hulle spandeer elke dag ‘n paar uur saam, en rol rond en swem selfs,” sê dr. Antle. “Suryia gaan stap saam met Roscoe rondom die hok en voer hom van sy aap-beskuitjies. As hulle altwee te lui is, ry hulle op Bubbles, ons 27-jarige Afrika-olifant, se rug.”

Klik hier om op hoogte te bly van dié twee se wedervaringe.
[nggallery id=114]

http://youtu.be/8tHX0dXdaf0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.