[Foto’s en video’s] Katte sorg vir ‘prrr’-genot

Internasionale Katdag (Foto: Buzzfeed)

Internasionale Katdag word sedert 2002 jaarliks op 8 Augustus gehou om katte in al hul glorie en met al hul streke te vier.

Dié dag is oorspronklik tot stand gebring deur die International Fund for Animal Welfare – ʼn internasionale dierewelsynsorganisasie wat hom beywer vir die beskerming van troetel- én wildediere. Die organisasie se missie is onder meer om diere uit haglike omstandighede te red en om na die welstand van dié diere om te sien.

ʼn Soortgelyke dag – Wêreldwye Katdag – word elke jaar op 17 Februarie gehou en word wyd ondersteun deur Europese lande.

Hier is ʼn paar kitsfeite oor katte:

  1. ’n Kat se oor word deur meer as twintig spiere beheer.
  2. Katte slaap vir sowat 70% van hul lewensduur.
  3. ʼn Kat genaamd Stubbs was vir langer as 15 jaar die burgemeester van Talkeenta in Alaska tot sy dood verlede maand.
  4. As jy ʼn kat as troeteldier aanhou, kan jy jou kanse op ʼn hartaanval aansienlik verminder.
  5. Katte is nie in staat om soetigheid te proe nie.
  6. Die wêreld se rykste kat is sowat R170 miljoen sterk nadat sy ontslape eienaar sy hele boedel aan sy kat bemaak het.
  7. Wyfiekatte is in baie gevalle regspotig, terwyl mannetjieskatte dikwels linkspotig is.
  8. Katte kan meer as 100 klanke maak, terwyl honde sowat tien verskillende klanke kan maak.
  9. ʼn Kat se brein is meer soortgelyk aan die brein van ʼn mens as wat ʼn hond se brein is.
  10. Katte se vermoë om te onthou is 1000 maal die grootte van ʼn iPad se geheuevermoë.

Die Dierbeskermingsvereniging van Suid-Afrika (DBV) beywer hom ook vir die bewaring van katte. Vir meer inligting, besoek die DBV se webwerf.

Vir meer interessante feite oor katte, besoek die Bored Panda-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sakkie ·

Ek is n man van 59 jaar en is absoluut katmal. Ek het 3 katte waarvan die oudste 12 jaar oud is. Ek bederf hul waar ek kan en bestudeer elke geluid en beweging wat hul maak. Elke kat het n persoonlikheid van haar eie. Hulle laat my sommer kalmer voel en verskaf ure se genot. N vreugdevolle dag aan al my katliefhebbers!

Sann ·

Ek is heeltemal met jou, Sakkie… ?
Katte is glad nie so “katterig” as wat mense glo nie, en ons katte doen baie minder “kattekwaad” as ons honde..

Dankie Maroela, vir hierdie oulike beriggie, na al die slegte nuus vir hierdie dag!

Thys ·

My katte is my lewe. My mannetjiekat kom haal my by die garage as ek van die werk kom. Dan is hy op my skoot. Vroegoggend, kom klim hy by my onder die lakens in en as ek opstaan om te gaan werk, klim hy by my vrou in. My wyfie kat is 16 en word nou blind. Ons draft haar na haar sandbox, want sy verdwaal soms. Ek lief my diertjies!.

Rina Pretorius ·

Ek het 5 katte waarvan 2 wilde katte was wat ek by die werk gekry het en glo my hulle is almal so oulik en prettig, vol kat streke en neem soms die huis op horings, die jongste toevoeging is groot pelle met my 3 boerboele, sy eet en kuier gereeld saam met my woewe en sy is net so erg oor my mak skaap ook

katmal ·

Het 3 katte maar eers was hul net 2 met name van peanut en botter en so sal n rondloper Kat besluit hy trek ook maar in hier vanselfsprekend is sy naam toe jam al 3 deur wollies( verkeerd ) gemaak en hul gee ons ure se plesier tot my aanneem hond van wollies Dora loop deur onder jam dit is net lekker hul vreet my uit die huis ja maar ek doen met liefde

Jan ·

Ons het 5 groot katte – 4x wyfies en 1x mannetjie. Almal is reggemaak en ook “microchipped” . Het geen probleme met hulle nie – hulle is baie lief vir ons en ons vir hulle. Die mannetjie kat ken my motor se enjin se geluid. Sit saans altyd op my vrou se skoot en slaap saam met een van die wyfies. So 5 minute voor my motor buitekant stilhou, het hy al van my vrou se skoot afgespring, fyn miautjies gegee en in ons kamervenster bokant ons garage gaan sit. As ek die voordeur oopsluit, is hy daar om my te verwelkom. Hy slaap by ons, maar gaan nooit slaap alvorens ek in die bed is nie. Ons katte laat ons ontspan en die lewe geniet?! As jou katte nie reggemaak is nie, dan wil hulle rondloop om te paar en het almal probleme. Dit is regtig ‘n vreugde om katte te hê. Ons het ook 2x Jack Russells en hulle en ons katte ken mekaar goed en kom goed oor die weg?!

Alida ·

Wonderlike diere !!! My seun hulle bly by die see en Simba stap saam strand toe en staan op die rotse vir die see en kyk. Simba is groot en lyk soos ‘n leeu!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.