Foto’s: Gedoriewaar! Troues uit vervloë dae

Mens se troudag is een van die grootste dae in jou lewe en mens wil dus graag jou vriende, familie en geliefdes by jou hê om dié spesiale oomblik te vier.

Soms kies die bruidspaar om ʼn groot gevolg te hê en dan is die gewoonte dat mens spesiale uitrustings vir jou strooimeisies en strooijonkers kies.

Strooimeisies se modes het deur die jare al baie veranderinge ondergaan en dit is lekker om soms deur ou troualbums te blaai om te kyk watter modes (of vreemde idees) al vantevore gebruik is.

Hier is ʼn paar foto’s wat Maroela op sosiale media opgespoor het:

Maroela se Bruid van die jaar-kompetisie

Onthou dat Maroela Media vanjaar ʼn Bruid van die jaar-kompetisie aanbied! As jy tussen Desember 2021 en Februarie 2022 trou, dan kan jy in aanmerking te kom vir ons Somerbruid vir 2022. Klik hier vir meer inligting en om in te skryf vir dié opwindende kompetisie.

Dream Hotels & Resorts het seker gemaak daar is groot pryse, ter waarde van byna R60 000, op die spel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Miena ·

Ek kan verstaan dat modes en tradisies kom en gaan… maar ek dink my ma se trourok (1975) was baie mooi gewees -( mooier as hierdie wat gewys word soos bo.) Ek moet egter toegee, die dames van daardie tye het almal baie mooi skraal gewees.

Diets ·

Lekker het ek nou weer gelag….
Plaas julle het die jaar ook by die fotos gesit.

Racheltjie Debeer ·

Eish! Party rokke lyk of dit van Ouma se gordyne gemaak is!

Annamarie ·

Dit gaan nogsteeds my verstand te bowe, waarom 4/5/6 bruidsmeisies/strooimeisies jonkers ook en natuurlik gaan die bruidegom ook sy klomp strooijonkers ook daar he.

Dit lyk naderhand soos n “dril peleton” voor die kansel. EISH !!!!

Misky ·

Dis skreeusnaaks, dankie MM. My gunsteling was die strooimeisies met selfde rokke as gordyne. Hulle smelt amper weg saam met die agtergrond – ha ha ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.