[Foto’s] Google-werker bly in vragmotor

Die vragmotor waarin Brandon op Google se kampus bly Foto: Brandon

Die vragmotor waarin Brandon op Google se kampus bly Foto: Brandon

ʼn Sagteware-ingenieur wat by Google in San Francisco werk en nie meer buitensporige bedrae aan huur te spandeer nie, het besluit om eerder in ʼn vragmotor te bly.

Die 23-jarige Brandon, oorspronklik van Massachusetts, wat nie sy van wil bekend maak nie, het sy vragmotor naby Google se perseel parkeer. Hy betaal nie vir elektrisiteit nie en hy kan bad en stort in Google se gimnasium en hy kan al sy elektroniese toestelle, soos ʼn skootrekenaar of selfoon, by die kantoor laai. Hy kan ook op Google se kampus kos koop en sy wasgoed was.

Brandon het in 2014 ʼn internskap by Google gedoen voordat hy hierdie jaar ʼn permanente pos aanvaar het. Hy het aanvanklik saam met drie huismaats in ʼn gemeubileerde tweeslaapkamer gebly. Hy het aan Huffington Post gesê hy het maandeliks ongeveer $2 000 huurgeld betaal.

“Ek het besef ek betaal ʼn buitensporige hoeveelheid geld en ek is byna nooit by die huis nie,” het hy aan Business Insider gesê.

Hy het die vragmotor in Mei aangeskaf teen $10 000 en betaal $121 per maand versekering. Hy spaar ongeveer 90% van sy salaris. Hy het slegs ʼn bed, kapstok en ʼn laaikas.

Hy deel sy ervaring van dié vragmotorbestaan op sy persoonlike webjoernaal, From inside the box.

Lees ook: Interesting Engineering, Business Insider, Huffington Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Zena ·

Dis mos nou lekker!!! kan ek ook asb my vragmotor iewers parkeer en niks betaal nie. maar, dit sal seer sekerlik nie in SA kan gebeur nie. hier moet jy vir absoluut Als betaal. al parkeer jy ook net gou iewers. Lucky hy…

Ai tog ·

Beslis nie in Suid-Afrika nie jy dink nog jy le en rus n bietjie dan is jy onder jou mobiele le plek uit. Hier word jy van alles beroof tot op n bicycle wat jy ry vir oefening dan vat hulle dit sommer net so met n paar vuishoue as dit moet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.