[Foto’s] Grappige smulpaap-honde

Foto: Christian Vieler

Foto: Christian Vieler

Die Duitse fotograaf Christian Vieler het ʼn reeks grappige foto’s van honde wat lekkernye probeer vang, vrygestel.

Die fotograaf vang die oomblik vas net voor die honde die lekkerny vang (of mis) wanneer dit in die lug na hulle gegooi word.

“Met elke skoot probeer ek die spesifieke oomblik vasvang wanneer die hond so oulik of so snaaks as moontlik lyk,” het Vieler aan die webwerf Bored Panda verduidelik.

Vieler, ook ʼn joernalis, neem al van 2012 foto’s van honde.

Volg Vieler op Facebook en sy webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Souswa ·

Die fotos is so gemanipuleer dit lyk nie eers eg en natuurlik nie. Hoe jammer.

Karma ·

@Souswa – ai tog, het jy suurlemoene vir ontbyt geëet vanoggend? “Hillarious” – dit is al wat ek kan sê ….

Nicolette ·

Daar sal altyd iemand wees wat MOAN……maak nie saak wat nie…..ai die mensdom tog

popeye ·

Lekker Slobbersiele! Ek het ‘n Bassett en ‘n Dane, hierdie is my soort stil aksiefotos. Stoffel en Dexter stuur ook groetnis!

Wateklees ·

Dis so eg, dis die dat dit gemanipuleerd lyk. Die kwaliteit van die kamera is die sleutel hier.

Anna ·

Gepraat van manipulasie…….ek sou daai blokkies hondekos met n paar mense figuurtjies wat nou deesdae so baie in die nuus is, vervang het. LOL

Thersia ·

So het ons almal ‘n glimlag vanoggend op ons gesigte na hierdie berig. Wys net weereens hoe goed diere vir ons siele is. Wens so die mensdom kan meer omgee vir hierdie goetjies, hulle is natuurlike depressie pille!!!!

Wilma ·

HIerdie fotos sal mooi lyk op ‘n kalender, ek sal een koop… Dit is te pragtig!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.