[Foto’s] Groot bohaai toe sy ‘dwelms’ in dogter se kamer kry

'n Skermskoot van die gesprek (Foto: Twitter)

‘n Skermskoot van die gesprek (Foto: Twitter)

Toe Lisa Banks, van Texas in die VSA, ʼn verdagte sak vol ‘dwelms’ in haar 16-jarige dogter se bedkassielaai gekry het, het sy gedoen wat enige ouer in só situasie sou doen: sy het haar dogter huis toe ontbied en haar voorberei op die loesing van haar lewe.

Ashely Banks het haar tot Twitter gewend ná haar ma in ʼn reeks SMS’e uitgevaar het oor die verdagte sakkie pille in haar kamer en verduidelik dit is nie dwelms nie. Die ‘verdagte pille’ was al die tyd sponsspeelgoed wat in ‘n klein kapsule gekoop word en uitswel wanneer dit in aanraking kom met water. Dit verander onder andere in vorms soos dinosourusse.

Lisa se aanvanklike SMS aan haar dogter het gelui: “Ashley Carol. Ek wil geen dwelms in my huis hê nie. So gou as wat jou pa terug is van Kalifornië, sal ons die gevolge hiervan bespreek. Vir nou is jy gehok, jy mag nie die huis verlaat nie en jy moet onmiddellik huis toe kom,” het sy aan haar dogter geskryf.

Sy het darem gesien dis eintlik speelgoed toe sy dit in water sit. “Toemaar. Jy hoef nie meer huis toe te kom nie,” het sy toe vir Ashley geskryf.

Bron: Bored Panda

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Karma ·

Sjoe, wat ‘n blaps, Ma! Maar regtig, die kapsules lyk verdag en kan baie maklik dwelms gewees het ….. Ek weet een ding, as dit my kind was, was sy nie sommer net dadelik vir ‘n jaar gehok, ingeskryf by ‘n dwelm-rehab program en gedwing om by ‘n dwelm-rehab sentrum te gaan werk nie – ek sou haar gaan háál het daar waar sy is en haar tien teen een goed warm gewiks het (en kwaai apologie aangeteken het later toe ek verkeerd bewys is).

Kobus ·

Hehehehe, Santam het jare gelede so ‘n kapsule met hul geel sambreel logo in, vir bemarking gebruik.

Antimens ·

Aai ou sus.
Eerstens kry bietjie sense of humour. Tweedens nie alles hoef moors doodslag te wees nie

Dark.O ·

Sus, die berig is onder die afdeling “vreemdhede” geplaas. Dit is dus nie veronderstel om ń ernstige nuuswaardige storie te wees nie. Kom ons probeer so klein bietjie glimlag?

Die duh ·

sus , daar is mense wat op check wat maak hulle kinders . en ek se dis baie goed dat hulle dit doen .

Lee-anne ·

baie oulike berig. Ek is mal oor die dogter se koel en kalm reaksie.

A ·

Hoe lekker lag ek nou. Dankie tog daar is nog “goeie” nuus ook.

Anoniem ·

Ek het al gelees dat sommige handelaars koeldrankstrooitjies vul met pienk jellie of ander kleure ( wat gemeng word met dwelms), dit word geseël en so verkoop. Die kinders koop ook die strooitjies wat met jellie, sorbet(bruis) of die suur soort .

Wipgat ·

Lekker lag ek nou, kan dink hoe het haar ma gevoel, ek sou dieselfde gedink en gedoen het. En baie verlig gewees het dat dit ni dwelms was nie!

Sue-Fre ·

o my genaade ja nee kyk ouers se tiepiese eerste reaksie hahahaha wys net hoe speelgoed verander maar oor hoe beskermed ons ouers op ons is en so reageer oor dai speel kapsiele hahahaha ek sou rerig my linker toon gee om die ma se gesig te kon sien toe sy hulle in water gooi????

Louwrens ·

Ek lag ook lekker oor die episode. Maar daar is n ernstige sy daaraan. Ek sou self ook die goed as dwelms kon aansien dus kan ek nogal met die mamma simpatiseer.
Hoekom moet “speelgoed” bv. in kapsule formaat verpak word. Kan dit nie dalk juis iets wees wat misdadigers sal misbruik om die ware Jakob mee te verdoesel nie. Dalk moet die vervaardigers hul kleur en\of formaat van verpakking so danig verander dat n dom ou soos ek dadelik sal weet dat dit speelgoed is en nie een of ander dwelm nie.

Louwrens ·

Jip, ek het ook nou lekker gelag oor die hele petalje. Ek sou presies dieselfde opgetree het.

Daar is egter n ernstige kant aan hierdie snaaksigheid ook. Hoekom moet speelgoed verpak en gekleur word om soos kapsules te lyk. Gee dit nie dalk aan misdadigers n geleentheid om die ware Jakob ook so te kamoefleer nie. Dit sal seker maar moeilik wees om werklik iets te ontwerp wat nie deur hierdie misdadigers misbruik kan word nie.

Lynni ·

Ek sien die berig sê “die ma het haar op ‘n loesing van haar lewe voorberei”. Nee wat, lyfstraf is onwettig in Amerika. Gaan google maar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.