Foto’s: Groot pret vir kinders (sonder tegnologie)

Is dit moontlik om pret te hê sonder tegnologie? Wat het kinders gedoen in die dae voor televisie, selfone en rekenaars?

Woorde soos toutrek, wipplank en modder is skaars in die woordeskat van vandag se kinders – en wie het nou al ooit gehoor van ʼn grondboontjie-wedstryd? Die webtuiste Bored Panda het tien foto’s uitgesoek om te wys wat kinders kan doen as hulle net hul verbeelding gebruik…

Kinders speel in bokse. (Foto: Report)

Kinders speel in bokse. (Foto: Report)

 

Kinders swem in  ʼn kruiwa in 1937. (Foto: Bettmann)

Kinders swem in ʼn kruiwa in 1937. (Foto: Bettmann)

 

Meisies speel met hulle pop in die 'hospitaal.' (Foto: Reg Speller)

Meisies speel met hulle pop in die ‘hospitaal.’ (Foto: Reg Speller)

 

Hondjie klim op sy baas se rug om water te drink, (Foto: Report)

Hondjie klim op sy baas se rug om water te drink, (Foto: Report)

 

Die meisie maak musiek vir haar hond. (Foto: Report)

Die meisie maak musiek vir haar hond. (Foto: Report)

 

Kinders swaai met ʼn tou om ʼn straatlig in 1946. (Foto: Mirrorpix)

Kinders swaai met ʼn tou om ʼn straatlig in 1946. (Foto: Mirrorpix)

 

Kinders gly met 'n boks by die trappe af. (Foto: Teofilo Rego)

Kinders gly met ‘n boks by die trappe af. (Foto: Teofilo Rego)

 

ʼn Paar kinders in ʼn groot grondboontjie-wedstryd gewikkel 1938. (Foto: William Vanderson)

ʼn Paar kinders in ʼn groot grondboontjie-wedstryd gewikkel 1938. (Foto: William Vanderson)

 

Kinders ry met ʼn fiets deur ʼn raam. (Foto: Helen Levitt)

Kinders ry met ʼn fiets deur ʼn raam. (Foto: Helen Levitt)

 

Kinders bons met balle in die straat. (Foto: ANP)

Kinders bons met balle in die straat. (Foto: ANP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Arsène Lupin ·

Die kinders se vreugde en genot kan duidelik op hul gesigte gesien word. Ek self was ‘n kind in die 1970’s/80’s – skoolvakansies was ons buite op ons fietse, in die veld met die lang grasse kamma huise gebou, met bordkryt op die teerpad geteken, en blok gespeel. Ons konnie wag vir die 1ste September om te begin swem nie, ure se pret gehad. Daar wasnie so iets soos op jou bed lê, of TV kyk nie, ons was die hele dag bedreiwig gewees. Kinders van vandag weetnie wat hulle als misgeloop hetnie.

Danie ·

Wonder of hedendaagse kinders soos zombies gaan rond sit indien daar skielik nie meer elektrisiteit is om al die elektroniese goed te laai nie. Wonder of hulle genoeg verbeelding sal hê om ander goed uit te dink om mee te speel? Wonder of hulle ouers genoeg verbeeld sal hê om hulle in daardie opsig te help? Is dit nie hulle ouers wat hulle so pateties groot maak nie? Is dit nie hulle ouers wat enige alternatief om self hulle kinders groot te maak as goed genoeg beskou nie? Is dit nie iemand anders se skuld dat ouers se kinders so swak opgevoed is en wanaangepas is nie?

Danie ·

Ek is seker hierdie is ‘n vraag waarop ‘n maar gaan volg. Antwoord ek “ja” dan volg daar ‘n maar met ‘n rits verskonings. Antwoord ek “Nee” dan volg maar dan weet jy mos nie hoe om kinders groot te maak nie. Ek wil eintlik antwoorde op die vrae hê en nie verskonings nie.

Chinky ·

Ja, Danie dit is die ouers se skuld dat die kinders so pateties groot word, hul dink as hul ‘n computer of cell foon vir die kind koop dat die kind nou hul vir eens en vir altyd gaan uitlos dan het die ouers mos meer tyd vir hulself, ons bly op ‘n hoewe en ek het ‘n 10 jarige dogtertjie, wat haarself so besig hou dat jy haar partykeer moet roep om in die huis te kom, ons speel self saam met haar en haar maats, “ring a rosy”, “hamer spyker”, “touches” ens. sy speeel bal, ry perd, hardloop saam met die hoenders en makoue rond ens. as die dorp kindertjies kom kuier bring hulle hul cell fone ens. saam. Hul het nie ‘n idee om hulself besig te hou nie. Ouers maak net nie meer tyd om kwaliteit tyd saam hul kinders te spandeer nie.

DC ·

Dis darem nie so erg nie, Ons kinders speel wel. Kyk maar by die laerskole en jy sien nog steeds albasters, klimrame ens. Dis net nie meer veilig vir kinders om in die straat te speel nie so jy sien hulle nie mildelik nie, nou dink mense kinders speel glad nie meer nie. Nonsens man.

Danie ·

Sé bietjie: hoekom het dit dan so dramaties gevaarlik geword vir kinders om enige plek buite die erf te speel? Wie was so onnosel om dit te verander dat kinders vir hulle lewens moet vrees? Dalk het jy ‘n VR skerm op die gesig. Dalk moet jy dit eers afhaal en rondkyk. Wanneer mens in ‘n winkel sentrum in stap is die meeste kinders vas genael op daardie klein skerms. Dit is asof dit ‘n suurstoftenk is waarvan hulle lewens afhang. Af dalk is dit net die ryker ouers se kinders wat nie ‘n idee het hoe om te speel nie. Hulle ouers is seker meer besorg oor die Jones’se as hulle kinders se opvoeding.

DC ·

Danie die kinders wat jy noem is gewoonlik tieners en tieners “speel” elk geval nie meer nie. Het jy as tiener “gespeel” ? En ek bedoel nie sport nie. Ek onthou hoe ons in die vierkant by die skool gesit en gesels het in groepe, en ook maar redelik verveeld was aangesien ons nie sulke goed soos smartphones gehad het nie. As ons dit daardie tyd beskikbaar gehad het sou ons dit ook geniet het soos vandag se tieners doen. Soos alles in die lewe moet daar net ‘n balans gehandhaaf word, en dis waar ons as ouers inkom.

Katryn ·

Nee, ek sal nie weet wie nou weer als gaan staan en verander het en gemaak het dat kinders nie meer veilig buite in die strate is nie. Maar ek wonder net of jy wil hê kinders moet eerder loop en bal skop in die winkelsentrums.

Danie ·

Het hulle dit in die verlede bal geskop in die winkels (of winkelsentrum ) nie? Hoekom moet hulle dit nou doen? Ek het glad nie eerlike antwoord op enige van die vrae verwag nie. Want dan moet daar verantwoordelikheid geneem word, maar daar is dan so baie verskonings…

Jaco ·

Om te dink, al daardie kinders wat sonder tegnologie grootgeword het (vernaamd tussen 1940 en 1980), eintlik die ontwikkelaars is van meeste van die “space age” tegnologie wat ons vandag tot ons beskiking het, hulle was geleer om kreatief te dink, iets te skep uit niks. Wonder of die kinders wat vandag met tablette, selfone, rekenaars ens net so innovered eendag sal wees. Sal interessant wees om n studie daaroor te doen.

Sharon ·

My kinders speel nog buite, soek slakke tussen die plante, bou “huisie” ensv, maar ons moes ten duurste ‘n muur opsit voor sodat hulle wel kan buite speel, karre jaag met helse spoed asook al die dinge wat deesdae in die land aangaan kan hulle net eenvoudig nie hulle voete by die tuin uitsit nie. Let wel, hulle sit ook en speel Xbox of kyk tv, ek glo solank daar ‘n balans is, mens kan ook nie jou kind net eenvoudig weg hou van tegnologie nie, dit sal hulle agter maak.

Ouma ·

Ja, baie ouers kan steeds hul kinders vermaak sonder TV of slimfone. Kinders is nog net so kreatief soos altyd…… maar hulle word verhoed om buite te gaan speel. Die probleem is veilige spasie. Baie kinders groei op in meenthuise of woonstelle met weinig speelplek. Jy moet sélf ‘n oog oor hul hou as hul buite wil gaan speel. Jou kind kan wegraak of seksueel gemolesteer word in ‘n oogwenk. Kinders glip maklik by ‘n maatjie se deur in van wie jy die ouers nie ken nie……. Die lewe is nou heeltemal anders as die dae toe ons kinders erwe gehad het waar hulle paadjies vir karretjies kon bou. Speletjies is tot skemer onder die straatligte gespeel met die buurmaatjies. Almal het almal geken in die buurt. Ek bejammer vandag se kinders en ouers. Hulle moét hulself maar binne in die huis besig hou. Vir hulle eie veiligheid. Shame!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.