‘n Eekhoring het onlangs tydens Halloween inwoners in Hampshire in die Verenigde Koninkryk vermaak toe hy die lekkernye uit ‘n grieselige masker probeer haal het.
Die masker was aan ‘n toutjie vasgebind in Vicky Freeman se huis in Fareham, Hampshire, berig Mail Online. “Ek hang altyd tydens Halloween lekkernye in my tuin op vir die kinders, maar ek was verras om op dié nuuskierige eekhoring af te kom,” het die 54-jarige ouma gesê.
Intussen het werknemers by die Paignton-dieretuin in Devon ‘n paar pampoene op ‘n stok vasgemaak om Kumbuka, ‘n silwerruggorilla, te vermaak. Hy was egter nie so beïndruk met die versiering nie, en het die pampoene sommer blitsvinnig afgehaal.
Die lemurs by Woburn safaripark het besoekers ook tydens Halloween met makabere maskers vermaak. Werknemers het piesangpulp aan die agterkant van die maskers vasgemaak.
[nggallery id=88]