Foto’s: Hele dorpie in Nieu-Seeland te koop

Lake Waitaki (Foto: Trade Me)

ʼn Dorpie, wat al byna drie dekades lank grootliks verlate is, is in Nieu-Seeland te koop.

Lake Waitaki is in die 1930’s gebou as akkommodasie vir werkers wat aan die dam gewerk het, maar is sedert 1989 grootliks verlate toe die dam se bedrywighede geoutomatiseer is.

Die dorpie is geleë naby die Waitaki-dam en bied ʼn uitsig oor die berge. Dit het agt drieslaapkamerhuise, ʼn restaurant, ʼn lodge, waterregte, nege motorhuise en 14 hektaar grond. Dit word te koop aangebied vir NZ$2,8 miljoen (ongeveer R27 miljoen).

Waitaki is een van talle klein gemeenskappe wat sukkel om staande te bly weens verstedeliking in die land. Kaitangata in South Otago het twee jaar gelede ʼn wêreldwye veldtog van stapel gestuur om sy bevolking ʼn hupstoot te gee. Dié klein dorpie het gesê hy het te veel werk, te veel huise en nie genoeg mense nie.

Die regering het ʼn miljard dollar geoormerk vir die streeksontwikkelingsfonds wat ten doel het om nuwe lewe in die streke te blaas en burgers van stede terug te lok na sukkelende landelike gebiede.

Lake Waitaki is in 1991 aan ʼn privaat koper verkoop.

Sedert die Nieu-Seelandse regering verlede week ʼn verbod op buitelandse kopers geplaas het, het eiendomsagent Kelli Milmine gesê dit is moeilik om te sien watter voornemende kopers plaaslike kopers of internasionale kopers is, omdat buitelandse kopers van Nieu-Seelandse middelmanne gebruik maak om navraag te doen. ʼn Paar Chinese het reeds belangstelling getoon, het sy bygevoeg.

Die verbod op buitelandse kopers het ten doel om uitlanders te verhoed om bestaande residensiële huise voor Nieu-Seelanders op te raap.

Trusts en maatskappye wat buite Nieu-Seeland geregistreer is of meer as 25% deur uitlanders besit word, sal as buitelandse kopers geag word en dié persone sal nie residensiële eiendom mag aanskaf nie, maar wel grond of nie-residensiële eiendom deur die oorsese beleggingskantoor mag aanskaf. Oorsese kopers mag ook residensiële eiendom bekom as hulle in Nieu-Seeland woon en beplan om minstens 183 dae van die jaar in die land te bly.

Volgens Milmine is die dorpie al sedert die 1970’s nie meer “vooruitstrewend” nie. Volgens haar was daar reeds baie belangstelling, van mense wat ʼn boetiekplaas wil begin, ʼn wynkelder wil oopmaak, toeristebestemming of gemeenskaplike verblyf vir vriende en familie.

Milmine sê plaaslike inwoners word afgeskrik deur die prys en is slegs bereid om ongeveer NZ$1 miljoen te betaal.

Ongeveer 40 personeellede en hul families het aanvanklik in die dorpie gewoon.

Lees ook: CNN, Stuff.co.nz, Trade Me

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ian ·

Nou wat van ‘n paar mede-beleggers en ons begin Orania 2??? Ek sien die forel spring van hier af!

Nettie ·

@Ian – “geen buitelanders” nie. Ek stem egter saam – dit lyk idillies en is ideaal vir die begin van ‘n nuwe soewereine volkstaat.

Reinhardt ·

Nee man, hoe sal jy daarvan hou as iemand n soewereine volkstaat in jou eie land begin? Ons moun gereeld (en tereg) oor dubbele standaarde, moet nou nie n dubbele standaard met betrekking to ander lande maak nie.

BLOM ·

Sal ook geensins omgee om daar te gaan bly nie. Lyk idillies.

Edith ·

Kan ‘n klomp van ons Suid-Afrikaners nie saam klub en daar gaan bly. Ek is dol oor NZ

Ella ·

Ja ek ook. Sal gaan huishou vir die nuwe eienaar.
Ja asb hou die Chinese uit. Klaar te veel van hulle daar.

Foxi ·

Sou dit vinnig opgeraap het as ek die fondse gehad het……met n spoed!!!

Aster ·

Nou waarvoor wag ons, laat ons Afrikaners begin in club…ten minste sal ons in rus en vrede lewe.

Derick ·

Ek is in saam met @Ian, sal ‘n 3% bydrae kan maak, waar kan ons die middelman in die hande kry?

Jason ·

Ry twee keer ñ week daar verby.Lyk so verlate maar tog ideal om te gaan oor begin.

CHRIS ·

New Zealand?? ‘n Eiland in die middel van nêrens! Die weer op die eiland is ook nie veel beter as die weer in England. Dit reën baie, yskoud in die winter en so voorts. Nee dankie. En dan om dinge nog erger te maak. Die eiland lê op ‘n massiewe tektoniese plaat Daar kan enige tyd ‘n vulkaan uitbars en die hele eiland weg skiet. Tweedens kom daar ook gereeld aardbewings voor in New Zealand. Elke jaar moet mense hulle huise weer herbou na so aardbewing. En hulle verwag die grote kom nog. Nee dankie mense, Suid-Afrika is regtig nie so ERG nie. New Zealand, DANKIE MAAR NEE DANKIE!

Jannie ·

Chris, hier is soms aardbewings ja. Die “Elke jaar se herbou van huise” is n klomp tjol . Die weer is nie naastenby so grou soos jy beskryf nie. Baie van ons is juis hier oor die weer redelik met ons tuiste s’n ooreenstem. Die suid-eiland en sekere hoogliggende areas kry sneeu – soos sekere dele van SA ook. Jy is ook reg dat dit ver weg is van alles, maar ons bly nou sowat langer as n jaar hier – mis sekere aspekte van my geboorteland, maar dis veilig en mens het vryheid. Groete daar, ondersteun die Bokke en sal aanhou stemreg uitoefen.

Andrea ·

Maar Chris, wat is hul kans om vannag vermoor te word? Hul vroue en kinders verkrag te word? Seker dalk 1%. En joune? Myne?
Ek bly veel eerder op n tektoniese plaat wat ronddobber op lawa as hier tussen miljoene haatdraende, moorddadige mense.

Diefie ·

Aag oom Chris, nou het jy my droom heel plat geslaan. Nou sal ek maar verder droom hier in Suid Afrika.

Sanet ·

Ek moet sê.. Ek sal nou glad nie omgee om op so stil plekkie te gaan bly nie. In SA sou daai huise laaaaaankal beset gewees het!! Of alles al geplunder………

Die hele set-up lyk nog so netjies. Iemand hou dit obviously in stand. Amazing.

Jeffrina Scott ·

Chris, was jy al self hier in nz met n vakansie of by familie gekuier? Indien nie wil ek net sê dat jy moontlik alles glo wat op die internet staan asook alles glo wat mense kwytraak wat niks weet nie.

Andrew ·

Klink lekker, en selfs hul rugby het al ‘n Suid Afrikaanse naam. Ek sal tuis voel.

Nads ·

Ag ons kan net droom van so mooi plek… daai meubels sal nooi nie in Suid afrika so lank in ‘n huis bly nie. Dis is ‘n mooi plekkie. Maar ja hou die Chinese uit…

Sekondeer ·

Ian, ek sekondeer. Ek sal wat wil gee om daar te kan gaan bly.

Anni ·

Nee Wat Dankie tog ni dorp met suid afrikaans deel ni, elkeen sal weer op Sy eie wil gaan en eie kerk en party stig.

charmaine ·

Sjoe dit klink na my droom plek, kan n lekker vankansie oord daar oprig.

Ben ·

As ek die Geld gehad het, het ek die dorpie gekoop en nuwe bestaan daar gemaak. Ek soek net Vrede en die pragtige natuurskoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.