ʼn Australiese fotograaf het opslae gemaak met ʼn foto wat hy geneem het van ʼn vissie wat binne-in ʼn jellievis vasgevang is.
Tim Samuel sê self hy is “obsessief” oor foto’s neem van seelewe. Hy het saam met die videograaf, Franny Plumridge, in Byronbaai gesnorkel toe hy op dié toneel afgekom het.
Samuel skryf “hy het vasgesit, maar tog beheer waarheen die jellievis moes swem”. Samuel het gaan swem in die hoop om van die vele seeskilpaaie in dié baai te siene te kry en af te neem. Ná hy die toneel voor hom sien afspeel het, het hy hulle egter byna ʼn halfuur lank agtervolg om die perfekte foto te kry.
Samuel sê hy het nog nooit in sy “vyf jaar as fotograaf óf as branderplankryer so iets gesien nie. Ek het egter nie geweet niemand het nog ooit so iets afgeneem nie”.
Hy het dit oorweeg om die vissie vry te laat, maar op die ou einde besluit om die natuur “sy gang te laat gaan”.
ʼn Marinebioloog aan die Universiteit van Queensland, Ian Tibbets, sê koningsvissies gebruik dikwels die voelers van dié soort jellievisse vir beskerming. “Dit lyk egter of iets hier skeefgeloop het.”
Ook maar goed hyt besluit om hom te los, daai lyk baie soos n boks jellyvis.
Nou waaroor “presies” het die foto opspraak gemaak?
1. Omdat daar nog nooit so foto geneem is nie.
2. Om te sien hoe wonderlik God die natuur geskape het.
3. Omdat nog ‘n moord-storie nie onder “Vreemdhede” geplaas mag word nie.
4. Ek’s seker jy kry die punt☺
Dankie Maggie
Ek sien nou die lig.
Die vissie met die duikbril lyk vir my na ‘n mooier een.
Boeta hy kan sy sterre dank dat hy nie aan daai ding geraak het nie giftig verby hy sou nie die mooi foto kon uitstuur nie dis verseker. Hulle vermeerder by die dag omdat hulle natuurlike vyande uitgeroei word deur chinese vistreilers. As hy n stukkie van homself verloor groei dit weer die res spoel uit. Maar vir n lewende een kan jy opreg bang wees
Hallo Christine. Waarsku jy Boeta teen die een met die Duik Bril? Hehe he