Foto’s: Hier is die wêreld se hardwerkendste brakke

Een van Andrew Fladeboe se foto's uit die projek, "The Shepherd's Realm" Foto: Andrew Fladeboe

Een van Andrew Fladeboe se foto’s uit die projek, “The Shepherd’s Realm” Foto: Andrew Fladeboe

Die fotograaf Andrew Fladeboe het onlangs ʼn hele fotoreeks saamgestel van honde wat baie hard ‘werk’.

Die reeks, getiteld “The Shepherd’s Realm” fokus egter glad nie net op skaaphonde of beeswagters nie, maar sluit ook soek- en reddingshonde, mobiliteitshonde, gidshonde, geselskaphonde en K9-polisiehonde in.

Hy het die foto’s hoofsaaklik in Nieu-Seeland, Skotland en Noorweë geneem.

Fladeboe is oorspronklik in Kalifornië, Amerika gebore, maar het in Japan, Rusland en Oostenryk grootgeword.

Klik hier om sy webwerf te besoek en nog meer foto’s te sien.
Klik hier om by sy Facebook-blad aan te sluit.
Volg hom ook op Twitter en Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.