[Foto’s] Hond kry blitsvinnig ʼn tuiste ná skattige fotosessie

Carpe Diem die chihuahua (Foto: Bored Panda)

Carpe Diem die chihuahua (Foto: Bored Panda)

Die San Francisco-dieresorgeenheid (SFACC) por diereliefhebbers gereeld aan om ʼn troeteldier by dié skuiling aan te neem, onder meer met behulp van skattige foto’s. Nou het een chihuahua se “vreemde” fotosessie die hartsnare behoorlik geroer!

Die foto’s het duidelik verseker dat Carpe Diem nie vir té lank sonder ʼn familie sou sit nie.

Deb Campbell, ʼn verteenwoordiger vir SFACC, het gesê Carpe Diem se foto’s het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. “Hy is ʼn lawwe hondjie, nie konstant aan’t bewe soos ander klein hondjies nie. Hy is ook baie ekspressief, gelukkig en ‘optimisties’. Sy naam pas hom uitstekend, want hy lyk altyd of hy die dag ‘aangryp’,” het Campbell aan Bored Panda vertel.

Die foto’s van Carpe Diem is meer as 1 000 keer ge-“like” en gedeel op sosiale media.

Dié liefdevolle woef het binne enkele dae ʼn tuiste gekry.

Bron: Bored Panda

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Joann ·

Pragtig. Ek het ook een van hulle maar hy dink hy is n Rotweiler.

Denise ·

Hy is te oulik vir woorde sal sy nuwe baas baie gelukkig maak!!!!

Theresa B ·

Ag dis super cute. Wie sal hom nou nie wil hê nie. Ha ha!! Hoop hy is baie gelukkig en word baie bederf by sy nuwe tuiste.

Jeanne ·

Mooi so, dit moet ook in Suid Afrika aangemoedig word. Duisende diere word jaarliks uitgesit by SPCA’s omdat hulle nie huise kry nie. Sommige SPCA’s laat nie eers fotos van hulle diere toe nie, watter kans het hulle om aangeneem te word? Hy is stunning, wie sal hom nie liefkry nie?

Moedig dit sterk aan, adverteer die goedjies dat hulle liefdevolle huise kan kry, hulle het nie gevra om daar te wees nie, en is afhanklik van die mens vir hulp, voeding en versorging, elkeen moet sy deeltjie doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.