Foto’s: Huise vir sy muise

Foto: Simon Dell

Fotograaf Simon Dell het op ʼn familie muise in sy tuin afgekom, maar in plaas daarvan om muisvalletjies te stel, het hy eerder ʼn miniatuurdorpie vir hulle gebou.

Dell, van Sheffield in die Verenigde Koninkryk, het in ʼn onderhoud met die webwerf Bored Panda gesê hy was een dag besig om gras te sny, toe hy iets op die grond sien beweeg het. “Ek het my kamera uitgehaal en ʼn baie oulike muishuisie tussen die varsgesnyde gras opgemerk.”

Hy het ʼn paar grondboontjies gaan haal en binne ʼn paar minute het die muis kom ondersoek instel.

“Ek het daar en dan besluit om vir hom ʼn skuiling en ʼn veilige plek te bou waar hy kon wegkruip en in vrede kon eet.”

Dell sê hulle het ʼn hele paar diere in die tuin – van voëls tot selfs ʼn vos, krimpvarkies en eekhorings.

Die muise het nou selfs hul eie Facebook-blad waar jy hulle avonture kan dophou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

RHG ·

Dis die mooiste storie! Dis lewende diertjies. Mens moet mooi dink voordat mens “pestilensies” uitroei. Dink dis meeste mense se reaksie op muise. Die natuur balanseer homself. ‘n Uil kan dalk die getalle in toom hou. Elke ding het ‘n nut. Mooi foto’s. Iemand kan ‘n storieboek skryf ook die muisfamilietjie.

Essa ·

So pragtig. Baie oorspronklik en kreatief! Dit kos hom seker ure en ure se “aanlê” met die kamera om sulke unieke oomblikke vas te vang. Dankie MM vir ‘n prettige storie.

Snowball ·

Lewendige sprokiesboekprentjies. Dit laat my sommer verlang na al my sprokiesboekdae as kind.

T ·

Dis te dierbaar. Nou gaan my kinders ook muise in ons tuin wil hê! ????

Oujongvrou ·

Dis alte pragtig. Hier by my is die kleinste muise. Hulle eet voelsaad saam met die voels. Winter kom sit hulle in n ry op die dekodeerder (dis mos warm bo-op) Enige dier word mak as hulle agterkom jy gaan hom nie skade aandoen nie. My akkedisse eet ook uit my hand. Hulle is groot en spekvet. Lief maalvleisies. My honde en kat steur hulle glad nie aan ander lewendige goedjies nie.

Miekie ·

WOW. Dis nou oorspronklik en so bly hulle uit die huis. My een skoonsussie en broer bly in Engeland en elke jaar het sy ‘n krimpvarkie wat sy voer ‘n sekere tyd van die jaar. Maar hulle is mos maar baie streng in sekere Europese lande sy was by ‘n troetelierwinkel om te hoor of sy mag en hulle verkoop kos vir die krimpvarkies. Hulle is ook lief vir diere en voels en voer die voels ook met oulike voerders. Ek bly in ‘n woonstel complex en ek ly al aan ‘n complex. Mag nie voeltjies water of kos gee nie

HENNA ·

* Dis die mooiste muisies ooit * Dankie vir die pragtige fotos !

Cora Simpson ·

Dis absoluut fantasties dat n vaal ou muisie so belangrik kan word. Kom ons sing saam: Ek’s n dapper Muis. Dis vreeslikste mooiste fotos en dit maak Kersfess ook spesiall. Wys meer asseblief

Andrea ·

Is dit nie wonderlik nie? Nie gif of valletjies of ander wrede uitwismetodes bedink nie. Nee, muishuise gemaak. Fantasties. Teken van n hoogs ontwikkelde mens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.