Die Huffington Post berig Matthew het die verloofring in die see laat val. Die paartjie was saam met Kayla se familie met vakansie toe hy die jawoord by ʼn kroeg in die waterfront wou vra.
“Ek het omgedraai en hy was besig om op sy knie neer te gaan. Terwyl hy die ringboksie oopgemaak het, het die ring uit die boksie deur die krake van die houtdek in die water geval. Ek het dit nie eens gesien voor dit geval het nie,” het Kayla aan WECT News gesê.
Omstanders en familie het dadelik ’n plan gemaak. Van die mense het in die water gespring en begin soek terwyl ander mense flitsligte en duikbrille gaan haal het.
Sowat anderhalf uur later het ʼn man genaamd Kyle Blusher die ring gevind. “Ons was in ekstase. Ons kon nie gelukkiger gewees het nie.” Matthew het vir ʼn tweede keer op sy een knie neergesak, dié keer met die ring styf in sy hand.
“My verloofde was papnat en het soos souterige viswater geruik toe hy op een knie neergesak en die pragtige ring aan my vinger gesteek het,” het Kayla vertel.
Hierdie gaan ñ baie gelukkige huwelik wees. Mag hulle net Geseend wees.
Hoop Kyle Blusher kry genooi na die troue.
Baie geluk! Hou so aan om mekaar meer lief te bly want getroud lewe is nie maklik nie en moet mekaar vasbyt regmaak, mekaar ondersteun, ens!
Ai tog, North Carolina is ‘n Amerikaanse Staat. Nie ‘n dorp of stad nie. Daar bestaan nie so iets soos North Carolina Hawe nie.
Seker maar net soos Amerikaners wat reken Suid-Afrika en “Africa” is dieselfde ding.
Dankie vir die les. Jy is seker een van daardie wat die glas half leeg sien. Sien liewer die mooi in hierdie berig en moenie so krities wees nie, al is jy reg.
Barno en Retha – kon nie help om te lag nie. Ons leer sowaar elke dag iets op hierdie manier!
Ag te “sweet”. Hoop als end goed.