Foto’s: Hy vra oumagrootjie na skooldans

ʼn 19-jarige hoërskoolleerling van Rockford in die Amerikaanse deelstaat Ohio het sy 89-jarige oumagrootjie na sy skooldans gevra.

Times Bulletin berig dat Austin Dennison sy oumagrootjie, Delores, gevra het om hom na sy skooldans te vergesel aangesien sy nooit die geleentheid gehad het om haar skooldans by te woon nie. “Ek het ouma gevra of sy my metgesel sal wees vir die skooldans en sy het gesê sy sal geëerd wees. Ek het vir haar gesê dit sal my voorreg wees. Ek is met wonderlike grootouers en oorgrootouers geseën wat so baie weet soos wat hulle doen.”

Dennison het spesiaal vir sy oumagrootjie ʼn pêrelhalssnoer gekoop vir die geleentheid. Hy het ook vir ʼn haar ʼn liedjie op die kitaar gespeel en gesing. Die twee het voor die dans by Delores se gunsteling restaurant gaan eet. Dennison het egter seker gemaak dat sy oumagrootjie teen 21:00 weer in die bed was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Wat ‘n mooi gebaar van hom. Met die mooi gebaar van homgaan hy nog baie ver in die lewe kom. Hy is ‘n pragtige kind Ek is seker dis ‘n eer om die jong man te moet ken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.