Foto’s: Insekte maak “juwele”

Hubert Duprat se Caddisvlieg-larwes

Hubert Duprat se Caddisvlieg-larwes

Hubert Duprat, ‘n Franse kunstenaar, het bekendheid verwerf vir sy ongewone kunswerke wat caddisvlieg-larwes met goud en ander edelgesteentes vermeng.

Caddisvlieë (Trichopetera) bly in vars water en vervaardig ingewikkelde beskermingsbuisies vir hulself van materiaal wat hulle in hul habitat aantref. Onder natuurlike toestande gebruik hulle enigiets in hul omgewing soos stukkies hout, stukkies visgraat of skaaldierskulpies, sand, plantdeeltjies en klein klippies. Die buisies word hoofsaaklik gevorm om seker te maak dat die larwes nie deur roofdiere opgevreet word nie.

Duprat het in die vroeë 1980s met sy werk met caddisvlieg-larwes begin. Hy versamel larwes uit hul normale omgewing en verplaas hulle dan na sy ateljee. Hy verwyder dan versigtig hul natuurlike “kassies” en plaas die larwes in tenks met sy eie materiaal wat goudvlokkies en edelgesteentes insluit.

Klik telkens op die foto om ‘n groter weergawe daarvan te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anon ·

Sal nou nie my polse af kou vir so iets nie. Nie in my smaak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.