[Foto’s] Internet op hol ná Melania Trump-toespraak

Donald Trump en sy vrou, Melania, op 18 Julie 2016 by die Republikeinse nasionale konvensie in Cleveland Foto: Carolyn Kaster/AP Photo

Donald Trump en sy vrou, Melania, op 18 Julie 2016 by die Republikeinse nasionale konvensie in Cleveland Foto: Carolyn Kaster/AP Photo

Dit is al byna vyf dae sedert Melania Trump Maandagaand gedeeltes van haar toespraak woordeliks uit ʼn toespraak van die huidige Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, gehaal het, maar gebruikers op sosiale media het nog lank nie die stof laat lê oor dié debakel nie.

Trump het ʼn storm op sosiale media ontketen nadat Twitter-gebruikers haar blitsvinnig daarop gewys het dat dele van haar toespraak by die Republikeinse konvensie die afgelope week byna identies is aan dié van Obama in 2008.

Sy het onder meer gepraat van “haar” opvoeding in die dele van die toespraak wat tot die debakel gelei het. “Ek is van ʼn jong ouderdom geleer dat jy hard moet werk vir dit wat jy wil hê, dat jou woorde waarheid is en dat jy jou beloftes moet nakom. Ek is ook geleer dat jy ander met respek moet behandel, en dit is die waardes en morele oortuigings wat ek steeds op ʼn daaglikse basis uitleef,” het sy gesê.

Jason Miller, ʼn senior media-adviseur vir die Trump-gesin, het intussen ʼn verklaring uitgereik wat Melania se toespraak verdedig.

Meredith McIver, ʼn toespraakskrywer vir die Donald Trump-veldtog, aanvaar in ʼn verklaring aanspreeklikheid vir die “misverstand”. “In samewerking met Melania Trump het ons verskeie mense bespreek wat haar geïnspireer het. Een van dié mense is Michelle Obama. Ons het oor die foon gesels en sy het sommige dele uit Obama se toespraak aan my voorgelees as voorbeelde. Ek het dit neergeskryf, en dit later ingesluit in die eerste konsep, wat toe later die finale toespraak geword het,” het McIver gesê.

“Dit was my fout gewees, en ek voel goor vir die chaos waarin ek die gesin gedompel het. Ek het nie Obama se toespraak nagegaan nie. Ek het my bedanking vir mnr. Trump aangebied, maar hy het dit van die hand gewys. Ek vra om verskoning vir die verwarring en histerie wat ek veroorsaak het.”

Sosiale media is egter nog nie gereed om die debakel te vergeet nie, en die internet is propvol skreeusnaakse grafika te danke aan Melania se flater.

Hier is van dié grafika wat rondgestuur word:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Chrisjan ·

Net n idioot kan dink of se dat dit woordeliks herhaal is.

Paul ·

Dis naby genoeg, Chrisjan. Dit help nie jy verdedig dinge wat alreeds self deur die Trump-veldtog erken is nie.
Hoewel, soos Trump self gesê het, dit het veroorsaak dat die toespraak duisens keer meer publisiteit kry as wat dit andersins sou gekry het. Ek persoonlik dink dis doelbewus gedoen juis vir die publisiteit.

Kobus ·

Paul, jou antwoord is al wat sin maak uit die debakel. Ek kon my van dag een af nie indink dat iemand so blatant in ‘n slagyster kan trap nie, en dan was dit nogal Michelle Obama se toespraak waaruit die woorde geneem is. Dit was mos duidelik dat dit raakgesien sou word, veral omdat hulle mekaar daar anderkant met valkoë dophou.

Stan ·

3 sinne uit ‘n 15 minute toespraak klink / is dieselfde! Sy het darem nof nie bloedgeld van die moslems gevat nie.

Maryna ·

Sy het dit nie self gekryf nie, ek dink Donald Trump is die beste mens vir President, ek wens hy kon Suid-Afrika se president word.

Esmay ·

Maryna, stem saam met jou. Hy sal darem ons land kon regruk!!

Lance ·

Nie baie slim om gedeeltes van toespraak te steel nie …Trump is US se malema …eks bevrees hy is n loose bomb

Delia ·

Nou toe nou Lance, is dit nie wat ons ons kinders in elk geval leer nie…..wat is so besonders dat dit net op die Obamas be trekking het? Vra maar enige ouer wat sy kinders liefhet en waardes wil leer.
Groot bohaai oor niks….

Vienna ·

** Ek stem met Chrisjan
** Maryna, jy is reg en ek wens ook Trump wen

Gideon ·

Ag kom nou, wat is so erg!! Al daardie gestry en dit oor die presidents vrou!! Hier is sommer 7 om van te skinder!! Ek wens sy was ons Presidents vrou, pragtig en sy kan praat sonder om alles af te lees en dan nog te sukkel!! 10 uit 10 vir jou voordrag Mevrou die amper President!!

Piet ·

Nee heng, ek kan baie se oor Trump maar bly liewer stil! Nou-nou vra hulle my of ons dollosgooier ‘n beter presedent is. Met sy tiervel aan en sy span vrouens gaan hy my dalk met n rooi gesig laat sit. Hulle herinner my dalk aan n paar goed wat ek liewer wil vergeet!

Kobus ·

Daar is darem twee grotes in USA wat ‘n oog vir mooi vrouens het. Die een is HH, die ander een is DT. Altwee is wêreldbekend.

Vir die presidentskap is my geld op Trump.

Hillary is te saai, speel vir die gehoor, beterweet, kopgelig, ken in die lug. Wêreldwys.

Trump is die een wat die wêreld weer iets sal gee om aan te dink, hy sal almal aan hul waardes en waarvoor hul staan laat dink.

Johanna Botha ·

DT het na SA verwys as n ” dangerous mess” …slaan hy die spyker so op sy kop ! Dankie anc …

Frans C ·

Michelle Obama se toespraak is baseer op Business success deur Robert Marsh wat in 1992 in Suid Afrika bekend gestel is. Google dit en jou sal aanhalings in haar toespraak vind wat feitlik woordeliks ooreenstem met aanhalings uit die boek.

Beide Obama en Trump pleeg dus plagiaat en die Amerikaners is te dom om dit in te sien.
Sê nie veel mi vir Amerikaanse oorspronklikheid nie.

André ·

Die einlike skande van Melania Trump se toespraak is dat sy verwys na die belange van “African Americans”, “Jewish Americans”, ens., maar nie na white Americans of “European Americans” nie.

Almal se regte moet dieselfde wees, nie soos die ANC met die blanke minderheid maak nie!

Politikis-kritikis ·

Ek wens ons kon met vandag se kennis die horlosie terugdraai na voor 1994-wonder in hoe ‘n mate ons geskiedenis anders sou verloop het….

Ruiklont ·

Frans C dit is egter vreemd dat die media swyg oor MO se toespraak. Daar is sekere grondvlak aanhalings wat vir altyd geldig sal wees en gebruik word. Die wêreld orde media wil egter so ver moontlik MT & DT in ‘n baie swak lig stel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.