[Foto’s] Is dié kattekind die langste in die wêreld?

Omar en Penny. Foto: instagram.com

Toe kattekind Omar in 2013 gebore is, was hy net so groot soos sy boetie en sussies, maar nou in 2017 weeg hy 14 kg en is 1,2 m lank.

Stephy Hirst van Melbourne, Australië, sê haar kat het omtrent die internet aan die gons toe sy twee weke gelede vir Omar ʼn Instagram-profiel geskep het. ʼn Foto van Omar is al meer as 270 000 keer gedeel.

“Mense dink die foto van Omar is gemanipuleer, hulle kan dit nie glo nie. Selfs ons vriende wat hom nog nie gesien het nie, wil kom kuier om hom met hulle eie oë te sien,” sê Stephy.

Die Guinness World Records het met Stephy in verbinding getree om Omar se mates te kry en meen die kat wat tans die rekord hou, is ʼn kat van Wakefield, West Yorkshire, in Brittanje. As Stephy se mates korrek is, sal Omar die nuwe rekord hou vir langste kat in die wêreld. Die resultate sal oor ongeveer 12 weke bekend gemaak word.

Omar het selfs die plaaslike media in Australië gehaal met sy gesig in die koerant en op nasionale televisie.

“Ons koop vir hom spesiale kangaroevleis by die supermark. Dit is die enigste vleis wat hy wil eet.”

Volgens Omar se mensfamilie is hy vreeslik talentvol en veral goed daarmee om uiltjies te knip in die middag en kasdeure oop te maak.

“Hy hou veral daarvan om saam met ons op die bed te slaap, maar die plek is bietjie beperk, so ons sluit maar ons kamerdeur in die aand,” skerts Stephy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ronel Nortje ·

Ek stem – katte is fantastiese diere! Absoluut mal oo rhulle. Sal glad nie omgee as dit my kat was nie!!! Mooiste ding!

Rina Pretorius ·

dis die mooiste katte kind wat ek nog gesien het. Pragtige gesig en die mooiste pels ever

Verwonderd ·

Maggies… Hy is amper so groot soos ‘n rooikat. Hoekom gaan vang hy nie sy eie kangaroes nie?

Uvonka ·

Ek wil ook so ‘n kitty he!!!! Pragtig verby, die mooiste gesiggie. Baie snaaks Verwonderd, lekker gelag.

Nettie ·

Dit is seker die kangaroo-vleis wat hom so laat reeeeeeeeeeeeeeek het …….

foxi ·

Wat ek nie sal gee om so kat te hê nie……..grrrgrrrgrrr. Sal heerlik slaap in die winter!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.