Foto’s: Is dit die mooiste dogtertjie in die wêreld?

Foto: anna_knyazeva_official, Instagram

ʼn Sesjarige van Rusland is as “die mooiste meisie in die wêreld” aangewys.

Anastasia Knyazeva het reeds meer as 560 000 volgelinge op haar Instagram-rekening en sy word geloof vir haar popagtige kenmerke en treffende blou oë.

Dié sesjarige is reeds ʼn suksesvolle kindermodel en het al in talle advertensies verskyn, onder andere vir die Russiese handelsmerk Chobi Kids.

Sy volg in die voetspore van die Franse model, Thylane Blondeau, wat ook as sesjarige as die mooiste meisie aangewys is. Thylane, nou 16 jaar oud, was die jongste model ooit om in die Franse Vogue-tydskrif te verskyn (sy was toe 10 jaar oud).

Haar Instagram-rekening word deur haar ma bestuur en sy het wêreldwyd volgelinge. Haar ma loop egter deur onder kritiek. Sedert sy foto’s van Anastasia begin publiseer het, was daar ook negatiewe kommentaar. “Ek wil weet hoeveel grimering sit hulle aan voor elke foto?!” wou een Instagram-gebruiker weet. “Hoekom glimlag sy nie? Sy’s tog ʼn kind,” skryf ʼn ander.

Wat dink jy?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Landi ·

Ek persoonlik is baie gekant teen skoonheiskompetisies vir kinders, MAAR sy is werklik baie baie mooi met en sonder grimering. In my oë het God nie n lelike kind geskape nie, dit is maar net dat sommige kinders met baie minder moet klaarkom as ander en baie kinders het baie meer geleenthede as ander. Sameloop van omstandighede speel n groot rol. Maar as dit my dogtertjie was sou ek ook baie met haar gespog het want sy is mooi, maar ek dink nie die mooiste in die wêreld nie

Estie ·

Dis wreed, elke kind op aarde is pragtig in sy/haar eie reg.

Susan ·

Sy is baie mooi – soos reeds genoem deur Landi daar is nie lelike kinders, maar daar is kinders wat darem mooier is as ander – ek is nie gekant teen kinder skoonheidskompetisisies nie – AS dit nie hande uitruk nie, en die kinders nog kinders bly en nie klein grootmensies nie

Valerie ·

Wat is fout met die ouers? Met die media? Is hulle verstandelik siek? Hoeveel molesteerders het nou al notisie geneem? Dit is ‘n kind; sy behoort nie ‘n “Instagram” rekening te hê nie, en behoort nog minder ‘n “model” te wees. Haar ouers is verby onverasntwoordelik en selfsugtig.
Genugtig! Gaan lees maar die storie oor nog ‘n “model” (ook 6-jaar oud), ‘n ene JonBenét Patricia Ramsey van Colorado, VSA. Sy is in 1996 vermoor.

POPPIE ·

JA DEUR IEMAND IN HAAR EIE FAMILIE .. volg die storie .. haar broer is steeds onder verdenking, dit was eers die ouers, nou die broer, maar alles word onder die tafel ingevee. Lelike kinders word ook vermoor, nie net mooies nie.

Denise ·

Rusland se ouers het darem vir jou mooi kinders sy is pragtig!!!!!

Veritas ·

Pragtige kind maar, vir my, is myne die mooiste en ek glo menige ouer sal saamstem.

PRAGTIG ·

AG SY IS GORGEOUS< julle ander is net jaloers. Ekself gebruik grimering en die meeste wat ek kan sien is dalk 'n poeierblos (indien wel) en maskara, baie ligte lipstiffie indien enige. Sy het 'n baie natuurlike voorkoms en mooi vel en lang wimpers en die mooiste blou ogies. OM haar modern aan te trek is oulik, dis nie asof sy uitlokkend aantrek nie.

HOU OP JALOERS WEES EN GUN ANDER MENSE HULLE GELUK. Hulle het dit gekies, nie jy nie, so gaan sit aan jou make-up en probeer 'n beter mens wees .. dalk is jy dan ook mooi!

Jackey ·

Ek dink as sy haar model geniet…hoekom ouers kritiseer? Ek dink sy n beautiful en sy verdien haar lof

madels ·

Kinders haar ouderdom het nie eers n titseltjie grimering nodig nie, hulle het nog baba velle. Sy is n ongelooflike mooi dogtertjie… as sy grimering aanhet, het sy net n titseltjie nodig… as dit my dogtertjie was sou ek haar ook ingeskryf het vir model werk maar haar ook geleer het dat skoonheid kom van binne, nie net van buite…

Malene ·

Sy is pragtig, Mamma & Pappa kan baie trots wees. Ons 2 klein dogters is ook vir ons die mooiste op die aarde.

Tess ·

Gaan so ver as wat mooi jou kan vat. Dit hou nie vir altyd nie. En as jy kies om mooi as jou kaart te gebruik is dit jou keuse en niemand anders sin nie.

Kaspaas ·

Sy is pragtig verby! Ek vind dit net vreemd dat sy nie op enige van die fotos glimlag nie.
Dalk haasbekkie (:

Sylvia ·

Sy is pragtig, sal haar graag in die werklike lewe wou sien, met photoshop en grimeerkuns
word deesdae wondere verrig, maar die groot waarheid is, dat elke kind is pragtig, die onskuld, reinheid straal so uit hulle wesens, almal is pragtig

BURT ·

Ja nee mens kan sien wie gee kommentaar hierbo kan net suid afrikaanse mense wees regtig hoekom nou soveel kretiek gee oor die ouers, geen wonder ons land is in so gemors nie, waar is ons mense se vriendlikheid en liefde heen?

Chantell ·

Ek sien die artikel, se nogals vir my ma “kom ons kyk gou hoe teem die Afrikaners weer vandag” en truesbob kerm hulle oor ALLES. Jy slaan die spyker reg op die kop. Kan NET Suid-Afrikaners wees. Min positiwiteit of respek vir ander se sienswyse nie.

Gerhard ·

My dogters is tog net so mooi, indien nie mooier … maar sy is n’ mooi kind.

Linda ·

Sy is pragtig ! In my opinie is alle klein dogtertjies pragtig en dit is n voorreg vir elke ouer om hul in te skryf vir kompetisies. My klein dogter, nou 9 maande was baba van die maand. Die ander een, nou 14, neem deel aan Miss Inspire Sa en staan n baie groot kans om te wen. Ouers van sulke kinders maak wel seker dat hulle streng veiligheidsmaatreels het en vergesel hulle orals !!!

Katy ·

Oulike kind maar die kind lyk asof sy met ys oë staar en nie kan glimlag soos kinders moet lag nie en kan speel nie. Onder 18 is nie veronderstel om te werk vir geld nie en model of fotos werk is kinder arbeid. Arme klein dogtertjie wat moontlik nie eers weet wat speel is nie.

My eie keuse ·

Vir my is die mooiste dogtertjie wat ek nog gesien het Poppie van der Merwe. Net jammer oor wat met haar gebeur het.

Skerp Spioen ·

Sy is pragtig. My eie vier klein pikkewyntjies is egter vir hierdie oupa steeds die mooiste van hulle almal. Want met die hart kyk ‘n mense anders as slegs met die oë.

Uvonka ·

Die kind is beeldskoon maar die Ouma stem heelhartig saam met jou!

Paauw ·

Presies die woorde wat by my opgekom het. Sy gaan nog baie swaar kry agv haar ma se kortsigtigheid.

JC ·

Ja almal op die aarde is pragtig.
Vandag se Tegnologie maak als net beter.
Oh ek vergeet “make-up” ook… Een ding is grimmering maak oud. Dis waar al die “plastic surgeries” na ‘n sekere tyd gedoen word op vandag se “Celebs”.
Ons kry ook goed soos “Photoshop” dis “easy” ek kan dit ook doen.
Ek sê glad nie sy is lelik nie. Ek glo almal is gelyk en dieselfde mooiheid sien God in ons almal. Ons is wel tog na sy beeld geskape. Ons almal. Sy word net raak gesien as die mooiste kind want haar ouers het geld. Dis maar hoe dit werk in ons lewens.
Nogal ook te jonk om op Instagram te wees nê? Dis hoe die kinders van vandag alles weet.

Gesiggie ·

ASEMROWEND…. Te pragtig vir woorde… sy gaan nog baie harte verower in haar lewe… n Kind om op Trots te wees…. sy word al van kleins af getrain om Model te speel… dit moet maar n bietjie moeilik wees partykeer, want sommige ouers dwing hul kinders tot so iets, vir party gaan dit oor Roem”” maar sy verdien dit, sy is al klaar n Super model…. Well Done

Amanda ·

Mooiste ou poppie. Maar ja ons kinders is almal mooi. Elke skepping uniek en pragtig in Sy oë

Katvis ·

Hoe kan sy die mooiste in die wereld wees, nog nie my twee meisiekinders gesien nie? Volgens my is hulle die mooiste.

Leroux Kruger ·

Pragtig ja maar hoe is haar optrede teenoor ander mense want soveel pragtige dames stap in ons eie land rond en as jy probeer groet word jy of geïgnoreer of ‘n snip antwoord uit hoogte gegee, hoop die kind word nie so nie dan is sy verseker die mooiste.

JA TOE ·

DIS ‘N KIND, meeste kleintjies op daardie ouderdom is nog kopsku. En as sy ‘n snip is, so what, julle kleinkinders is maar net so. Ek ken mense met die ongeskikste kleinkinders in Suid Afrika .. so konsentreer op jou EIE Mense eerste.

A Mac ·

Sy is mooi en pragtig. Al hoekom die wêreld nou daarvan kennis neem is omdat sy die geleentheid en mense om haar het om haar ten toon te stel. Met die regte mense en geleenthede dink ek is daar duisende mooi kinders in die wêreld. Net jammer sy is op so ‘n jong ouderdom aan hierdie wrede, werklikheid blootgestel.

Vinnige feite ·

6 jarige is is meestal haasbekkies, die dat sy seker nie oopmond lag vir die foto’tjies nie.

Summer ·

Sy is werklik pragtig.. en gaan verseker n lieflike model word… maar terselfdertyd wil ek net noem dat daar selfs in Suid Afrika….net sulke mooi meisietjies is!!!

Rina ·

Sy is rerig pragtig maar wys my een kind wat lelik is daar is nie my kids net so pragtig maar kinders van daai ouderdom behoord nie op instagram nie well done muisie jy is beelskoo n jou ouers baie gelukig en so trots op jou glo ek

Rina Pretorius ·

sonder twyfel se ek sy is die mooiste kind wat ek nog gesien het, sy is mooier as ‘n mens

Werner ·

Wel, natuurlik is my eie dogter die mooiste in die wereld ?

SO ·

Dankie Here vir al die pragtige kinders. U het elkeen geskape na U beeld.

Me ·

Pragtige klein mensie!!! Wow!
En ek se – mense laat hulle 6 jariges dans, swem, sing – wat hulle ook al doen om die fondamente te le vir hulle toekoms. Dalk is modelwerk haar passie eendag – nooit te jonk om te begin nie. Ballerinas begin op 2 of 3 al. Die fotos is smaakvol en pragtig!

Mara ·

Sy is pragtig maar ek glo nie sy is die mooiste in die wereld nie want niemand was by my kleindogter vir ‘kiekies’ nie???? My kleindogter is in my oe die pragtigste dogtertjie in die wereld… Alle dogters is pragtig en moet nie die ‘laaities’ vergeet nie… God skape alle mense volgens sy beeld en daarom is ons almal pragtig…. Geluk aan die blou-oog dogtertjie

Ma ·

Om so n pragtige kind op sosiale media te plaas is om haar slagpale toe te stuur. Ek sou haar weggesteek het.Dis n vieslike wereld waarin ons leef. absoluut gevaarlik en n risiko. Dis my opinie en nie om n argument met ander mense te begin nie.

HalweRus ·

Ai, dat soveel mense so venynig kan wees. Ek skaam my vir julle! As julle enigiets weet omtrent Russe sal julle ook weet dat hulle glad nie soos die Amerikaners is wat totaal oorboord gaan met skoonheids kompetisies vir kinders nie. Hulle is baaaaie meer konserwatief, en hulle waardestelsel is amper identies soos ons Afrikaners sin – of will ek se soos dit in die 70’s was. Ek weet want ek is nou al vir agt jaar in n’ verhouding met n’ Russiese vrou (6 jaar getroud), en die gelukkigste man op aarde. Russiese vroue is in die algemeen mooier as Westerse vroue, glad nie vol ‘women’s lib’ nie, en baie verfynd van kleintyd af. Erken tog maar net die kind is beeldskoon. Nee, Russe glimlag nie valslik vir alles nie. Westerlinge dink hulle is bot, maar is eintlik alles behalwe. Hulle is baie meer opreg. Net ware vriende mag vra “hoe gaan dit?”, want as jy dit wil weet moet dit wees omdat jy regtig omgee, nie net as n’ manier van groet nie. En an moet jy ook bereid wees om te luister na hoe dit regtig gaan. Hou tog op om te luister na al die Westerse massa media lieg-bekke oor Rusland en gaan kyk vir jouself. Jy sal verbaas wees oor hoe “Afrikaans” Russe eintlik is, en hoeveel ons in gemeen het.

Ruby ·

Sy is werklik pragtig.

Om as die mooiste van die wêreld aangewys te word kan grimering en photoshop jou ook net SOVER help.

Die feit dat nie glimlag nie kan dalk toegeskryf word aan die feit dat sy ‘n model is. Het jy al iemand gesien glimlag op die loopplank? Ek glo daar is foto’s waar sy glimlag, dit hang net af van die werk/shoot wat aan haar gegee word.

Sy gaan nog diep spore in die mode wêreld trap en met alle reg.

jessica ·

All this beauty is been corrected with a graphic designer, there is more beautiful children around the world.

Meraai ·

Sy is pragtig en net op die ouderdom waarop normale kindertjies tandjies wissel. Dit verklaar dalk hoekom sy nie glimlag nie….

Amanda van der Merwe ·

Ek sal nie stry nie, sy is pragtig maar my kleindogters is mooier. Onthou al ons oumas sal mos dink ons kroos is die mooiste in die wereld.

Anoniem ·

Pragtige kind!
Maar as sy my dogtertjie was sou ek haar baie definitief nie model werk laat doen het nie en verseker ook nie aan skoonheids kompetisies laat deelneem het nie!

SeMaarNet ·

Sy is baie mooi, maar sou beter gelyk het as die fotos natuurlik was, geen photoshop en grimering nie. Sy lyk meer na ‘n porseleinpop as ‘n dogtertjie. Jammer dat sy op so ‘n jong ouderdom blootgestel word aan sensaie. Sy word ontneem van ‘n natuurlike kinderlewe.

Katinka ·

Stem saam met jou, SêMaarNet. Sy is pragtig, net soos duisende ander meisietjies. Maar ek voel baie jammer vir haar. Anders as duisende ander lieflike, normale dogtertjies, het sy nie ‘n heerlike, sorgvrye, normale kinderlewe nie. Sy word gedruk in ‘n vorm wat sy nie is nie. Sy is so jonk reeds die gevangene van dié wat met haar wil geldmaak. En sensasie bederf opregte onskuld. Dis hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.