[Foto’s] Jy kan ook soos ʼn Pixar-karakter lyk

Grafika: Lance Phan

Die kunstenaar Lance Phan teken Pixar-weergawes van vreemdelinge en jy kan ook jou foto vir hom aanstuur!

Pixar Animation Studio’s is bekend vir flieks soos Finding Nemo, Toy Story, Monsters Inc, Brave en Ratatouille en het al 18 flieks vervaardig. Die maatskappy se eerste vollengte fliek was Toy Story wat in 1995 uitgereik is.

Lance is oorval deur versoeke van persone wêreldwyd om hulle foto’s te transformeer sodat hulle ook soos Pixar-karakters kan lyk. Hy is tans vol bespreek, maar jy kan sy webwerf dophou om te sien wanneer jy weer kan aansoek doen.

Die prys hang af van hoe moeilik die betrokke foto is en hoeveel detail gedoen moet word, maar jy kan verwag om nagenoeg $225 (ongeveer R2 900) per foto te betaal.

Volg hom op Facebook en Instagram om nog foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.