[Foto’s] Kinders moet gesien word…

Enigiemand wat al klein kindertjies in die huis gehad het, weet al as daar ʼn lang, vreemde stilte is, om dadelik te gaan ondersoek instel.

Wanneer kinders op hul eie gelaat word, neem nuuskierigheid soms die oorhand en dit het soms chaos tot gevolg.

Die webwerf Bored Panda het ʼn reeks van foto’s saamgestel van kinders wat só betrap is – van honde wat ingekleur word tot klein lyfies wat met verf besmeer word en ʼn toilet wat fraai versier is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ann ·

Hahaa!!! Dis te cute – my seuntjie het hom ook eendag so besmeer met fissian paste toe hy so amper 3 was – dit was skreeusnaaks!!

Rene ·

My twee jarige het ‘n dag voor ons op vakansie gaan die Gentian Violet botteltjie in die hande gekry en sommer haar badwater daarmee ingekleur! Nie te min kon ons die pers ligter kry…maar steeds het dit vir ander gelyk of sy ‘n suurstof tekort het! ☺

Mrs.B ·

Nou wie kan kwaad word vir sulke gesiggies. Dit is te fraai. My kleinkinders het ook deur sulke streke gegaan en die ouma het gedink dit is skreeu snaaks.

Karien ·

In ons kinders se oe sien ons die onskuld. Wie nie n kind lief het nie, ken nie liefde nie. Hulle is ons begin en ons einde. Ons suurstof en die toekoms. Vorm hulle volgens God se wil.

Jeannette ·

Agt uit tien van die kindertjies – was hulle myne – sou ek vermoor het as ek hulle betrap het …… veral die enetjie wat die vertrek en haarself witgeverf het, die enetjie wat sy/haar ‘liefdesboodskappies’ op die kar geskryf het en die ene wat ‘n modderbad gevat het …..

A. Mac ·

Het eendag ‘n gaar hoender op die kombuistoonbank gesit om af te koel voor ek dit opsny. My kind het op die stoel geklim, die bak nader getrek en die hoender uit die bak op die vloer gegooi, en die honde het ‘n fees gehad. Ek was net toilet toe en terug. Dit vat regtig nie baie tyd vir ‘n kleuter om iets aan te jaag nie.

Leandri ·

My swak hart. My 3 jarige het gelukkig nog nooit so iets aangevang nie (touch wood)

E ·

Toe ek die eerste foto sien het ek so geskrik dit het gelyk soos ń bebloedde besering!, maar ja myne kon nie die poeier uitlos nie. Praat van wit meubels, beddegoed en…
Seun het eendag ń permanente merker in die hande gekry en mamma se nuut ingesitte OK matte versier! Nog nooit so vinnig geskrop nie.

Wil hulle vermoor op daai oomblik maar ons lag lekker daarna.
Weet nie so mooi van daai kar nie.

Lilipit ·

My prinses het destyds, op vier, soetjies ons sitkamerbank aan die brand gesteek… net na pappa hul geleer het om ‘n braaivleisvuurtjie te maak… as ouboet nie buite kom sê het “daars ‘n vuurtjie agter die bank” nie was daar lekker marakas!!

Nicolene Wildervanck ·

Die foto op die tuisblad van hierdie artikel is nie ‘n goeie keuse nie. Met die eerste oogopslag het my hart inmekaar gekrimp want ek het gedink dis ‘n kind met bloed besmeer – nie onmoontlik in ‘n land soos SA nie.

Frede ·

My dogter was so 3 en haar haartjies was nou net mooi aan groei . ons was by haar oom se troue en daarna terug gekeer huis toe. ek het weer begin werk en ek kom die dag by die huis en my 2 seuns kom uitgehardloop en se mamma sussie het haar hare gesny. papa vertel toe sy het stil geraak en hy vind haar toe in ons badkamer met net hare om haar. sy vertel toe vir hom met sker agter die rug. ek is soet pappa. ek het net op die bed gaan sit toe ek haar sien en gese liewe vader moet ek lag of moet en huil.
ek is na my haarkapper toe en gese nou moet jy help. sy het net gelag en gese wat moet ek nou doen want daar is nie regtig veel hare oor wat ek kan sny nie. nodeloos om te se dit moes maar net weet uitgroei

CAROL ·

Ha-ha-ha dis nou n lekker lag vir die storie. No meds better than laughter!!

Andre ·

Ek het toe ek 4jr oud was n hamertjie in die motorhuis ontdek en uitgevind die spliter nuwe motor se kopligte maak so mooi geluid as jy hom kap. Dit was 45 jaar gelede…….nodeloos om
te se , ek ONTHOU nog daai dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.