Die internet is aan die gons oor dié geverfde klippies wat jou twee keer laat kyk voor jy besef dis eintlik nie régtig ʼn voëltjie wat so stil in ʼn man se hand sit nie.
Akie Nakata, die Japanse man wat homself ʼn klipskilder noem, sê klippe is nie vir hom net ʼn iets om prentjies op te verf nie.
“Tussen al die klippe op ʼn rivierbank trek een, wat soos ʼn dier lyk, my oog. Wanneer ek die klip vind voel ek of dit my ook gevind het.
Bored Panda berig Nakata het gesê hy verf die oë van die diere heel laaste. “Ek voel my werk is eers klaar as ek sien die oë lewe en kan as’t ware na my terug staar. Dan voel ek daar is lewe in die klip.”
Kyk hier na van sy pragtige kunswerke:
Pragtig
So kunstig
Dis nou wat ek ‘n ware kunstenaar noem…..dis kunswerke wat letterlik lewe voor jou kry!
Pragtig! Wens ek kan een kry.
Dis asemrowend mooi ek sal nie omgee om n paar van hierdie kunswerke in my huis te he nie dis regtig baie besonders en pragtig. Ek kan net dink hoeveel tyd moes dit geneem het om hierdie kuns so uit te bring dat dit lyk soos die ware jakob. Baie baie baie goed gedoen.
Mensig, SO realisties!
Ek stem saam Marina,,dis regtig waar ongelooflik mooi gedoen,,Amazing kosbare talent,,!
Baie mooi! Vol liefde -Baie beter as da Vinci se vorige werk op skou.
Dis asemrowend mooi gedoen. ??
Dit is ongelooflik mooi. Die persoon het ʼn wonderlike gawe om so te kan skilder. Veral op sy keuses van klippe.