[Foto’s] Koop jou eie spookdorp!

Swett Foto: Stacie Montgomery, Facebook

Swett Foto: Stacie Montgomery, Facebook

ʼn Hele dorp in South Dakota, Amerika, is te koop – en dit kan joune wees vir $250 000. Wat is die vangplek? Dit is ʼn spookdorp en jy gaan die enigste inwoner wees.

Die dorpie, genaamd Swett, sluit meer as 2.4 hektaar grond, ʼn taverne, ʼn pakkamer, ʼn vierslaapkamerhuis en moontlik selfs ʼn spook of twee ook in.

Eiendomsagent Stacie Montgomery het op Facebook ʼn paar foto’s geplak en gewaarsku die huis is na bewering ʼn spookhuis.

Die dorpie, ongeveer 160 km suidoos van Rapid City, het sy ontstaan danksy ʼn boer genaamd Swett en ʼn poskantoor is in 1932 in die kruidenierswarewinkel opgerig, verduidelik Montgomery.

Ongeveer 40 persone het in ʼn stadium in dié dorpie gebly, berig NBC News.

Teen 1945 was Swett egter te klein om ʼn poskantoor te regverdig en dit het gesluit.

Die dorp is verlede jaar teen $399 000 te koop aangebied, maar verskeie aanbiedings het deur die mat geval. Die bank wat die dorp besit het ʼn paar verbeterings aangebring en die prys verminder.

Montgomery het aan Rapid City Journal gesê mense van dwarsoor die wêreld het al by haar navraag gedoen oor die dorpie. “Sommige mense stel belang om hul eie burgemeester te wees, sommige persone wil nie meer iewers ingeskakel wees nie, verskeie vervaardigingsmaatskappye het al realiteitsprogramme oorweeg, daar was al ʼn groep jagters wat ʼn jag-gastehuis wou oopmaak en iemand wat ʼn kroeg wou besit,” het sy vertel.

Kontak Stacie Montgomerie by + 1 605 391 1854 of stuur ʼn boodskap na haar Facebook-posbus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

E.K. ·

Soms, as ek lees hoe naar mense is en ook hul lelike kommentare, dan wens ek sommer ek kan my honde en katte vat en in so spookdorp gaan bly, weg van alle mense….

Asjas ·

Ek wens ek het die geld gehad, die idee van ‘n spookdorp klink vir my baie aantreklik. Daar sal natuurlik baie diere wees en ek sal van die natuur leef. Eish dit klink lekker …

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Kom ons almal maak a las en koop die dorp kry ons uie poliesie skool en dieste amper vegeet ek daar sal nie poliesie hoef te wees want daar gaan nie crime wees

Anoniem ·

Klink goed……..tweede Orania!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Mylene ·

wens ek het geld gehad net sekere mense saamgevat en rustig geleef en natuurlik my honde

Van ·

Kom ons koop dit saam en gebruik die dorp as tyddeel…hoe heerlik sal dit nie wees om stilte te beleef, geen alarms, verkeer, sirenes… net stilte…….

Domar ·

En dink net geen inbrekers ens of verkeersknope nie. Net die kalmte en rustigheid. Klink hemels.

Fanie ·

Kon ons koop Pelgrimsrus. Stel ons grens/e vas, omhein en beveilig, en lewe daar in vrede. Swett is ‘n bietjie te vêr.

BoereBikerBaby ·

Ons kan die eerste Suid-Afrikaanse Amish wees, self versorgend die worx!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.