[Foto’s] Koop vir jou ʼn spookdorp

Die spookdorp (Foto: www.kdvr.com)

‘n Argieffoto van die spookdorp (Foto: www.kdvr.com)

Die spookdorp Cabin Creek in Adams County in die Amerikaanse deelstaat Colorado wat glo ná ʼn moord in 1970 leeg staan, is te koop.

James Johnson, die huidige eienaar van die spookdorp, het aan KDVR-TV vertel die terugvoer van moontlike kopers is “oorweldigend”.

Die spookdorp is vir $350 000 (bykans R5,2 miljoen) op Craigslist, ʼn wêreldwye lys met geklassifiseerde advertensies, geadverteer.

Volgens Johnson bestaan die dorpie uit ʼn ou diensstasie, ʼn kafee, ʼn verlate motel en ʼn paar kleinerige huise.

Toe die dorp in 1970 nog inwoners gehad het, was die kafee glo die lekkerste plek om te kuier vir besoekers wat deur die dorp gery het, het Joan Lippett, ʼn gereelde besoeker, gesê. Sy woon tans in Byers.

“Die vorige eienaars van die dorpie het in 1970 iemand in hul huis ingeneem om te versorg, maar nadat dié persoon uitgevind het dat die eienaars geld het, het hy hulle vermoor. Die dorpie het doodgeloop en het vir ʼn geruime tyd net so doodstil bly staan,” het Lippett gesê.

Johnson vertel hy wou glo die bekende Roete 66 gebruik om mense na dié dorp te lok omdat dié hoofpad langs die spookdorp verbyloop maar dat sy vrou intussen besluit het sy wil elders aftree.

Bron: Fox31

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Massa emmigrasie ·

Ons moet begin dink aan strategiee om te emmigreer in groot getalle as die regering ons nie meer hier wil he nie. Een opsie is om te onderhandel met oorsese regerings met streke wat leegloop soos hier.

KLIPPIE ·

Dalk moet ‘n klompie van ons saam span, die dorpie koop……….en ‘n “Orania” daar vestig?

Hendrik ·

Hoekom doen jy dit nie hier nie? Koop ‘n plaas, vestig infrastruktuur en gaan deur wettige dorpstigting prosedures. Alles moontlik en dit is ‘n bekende praktyk in S.A. met vestiging van veiligheidsdorpies ens.

Sarie ·

Nou vra ek jou met trane in my oë – ñ spookdorp, maar nerens sien jy gestroopte huise nie, nie eens ñ gebreekte venster nie! Tot die TV antenna is nog op die dak! In onse Suid Afrika word jou geyser oordag gesteel terwyl jy werk, en saans word jou huis gesloop terwyl jy agter jou trelidoor veilig behoort te wees. Hulle sê ek weet… ,maar ek weet nie…

WICUS ·

MOOI DORPIE, MAAR IN SA SAL EK MY KOP NEERLE , HIER GAAN DIT NOG LEKKER RAAK

Denise ·

Wat n lieflike plek en hoe tragies die mense help iemand en word vermoor !!!!!

Gironki ·

Oulike plekkie. Mens moet dit dalk vir Malema, Zuma en hul trawante aanbied sodat ons hier in SA bietjie rus en vrede kan ervaar,

Koos ·

Dit kom en dit is nie meer lank van nou af nie dan gaan mense plase omskep in dorpe waar ons in vrede en veilig kan bly en selfonderhoudend kan wees en op daai dorpe gaan ons nie rasse diskriminasie hê nie maar almal regverdig behandel maar die plek beheer met dissipline en goeie bestuur

marianne ·

Ek wens ek het die geleentheid gehad en die geld – om die dorp te kon koop…
Rus en vrede – geen vrees – ‘n veilige hawe vir my kinders om te speel!
Plant self groente
Hou ‘n paar diere aan
Home school die Klein goed
DIS HEMEL OP AARDE….
Ek los net van my familie hier ………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.