[Foto’s] Krok eet krok

Foto: Queensland National Parks/Facebook

Foto: Queensland National Parks/Facebook

Foto’s van ʼn krokodil wat ʼn jonger krokodil verskeur en opvreet word wyd op sosiale media gedeel.

Die foto’s is deur die Rinyirru Nasionale Park in Queensland, Australië, op Facebook gedeel. Die foto’s is deur Sandra Bell geneem. ʼn Krokodilkenner het intussen aan die Sydney Morning Herald gesê kannibalisme kom redelik algemeen voor tydens die nat seisoen van September tot Maart. Volgens die kenner word die krokodille se broeigedrag deur die toename in temperatuur en verhoogde reënval beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Joe ·

Ons het tydens ‘n besoek aan die Kruger Nasionale Park afgekom op ‘n fenomeen wat kenners beskou as ‘n unieke en waarskynlik eenmalige gebeurtenis. Twee luislange het mekaar begin insluk. Na sowat twee en veertig minute het die slange mekaar ingesluk en het daar niks oorgebly nie. Ons het toe verder gery en springbokkies gesien.

Ivan ·

Ne. Hoe lekker grinnik ek nou vir die springbokkies in die Kruger Park.
Goeie humorsin is altyd lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.