Die Deense kunstenaar, HuskMitNavn, het baie kreatief 3D-sketse gevat en nuwe lewe daarin geblaas. Dié tekeninge is skreeusnaaks en universeel.
Daaglikse dinge wat elke mens al ervaar het, word driedimensioneel op papier geteken en met ʼn kreatiewe vou of twee, vertel HuskMitNavn ʼn hele storie. Sommige van sy sketse beeld iets algemeen uit soos stryk en ander het weer ʼn bietjie meer diepte.
Watter skets is jou gunsteling?
Haha, dis nou regtig oulik!
Almal is pittig en snaaks, maar “Broekskeur” is bobaas.
Baie goed gedoen!
Die visvang skets is verseker my gunsteling