Nog fotovoorbeelde volg onderaan die berig. Alyson Shotz het kunswerke ontwerp wat ook as veiligheidshekke kan dien.
Shotz, ʼn kunstenaar van Amerika, het gewone heinings met spieëls bedek en die visuele effek is eienaardig. In sommige gevalle “verdwyn” die heining in die agtergrond.
Sy het egter negatiewe kommentaar ontvang van persone wat bekommerd is dat kinders daarin sal vashardloop as hulle die heinings nie sien nie, en dit kan ook gevaarlik wees vir voëls wat nie onderskeid sal kan tref tussen die heining en die natuur nie.
Dis baie mooi,dis tyd vir iets anners ,ons ht genoeg gehad van die vaal hekke voor die kombuis deur of voordeur of waar ook al.kleur kan mens se lewe opkikker en ook jou dag n twist gee ,net ten goede.eks 100 persent vir dit.