[Foto’s] Lewensgrootte replika van ark in VSA-dorpie

Foto: Ark Encounter

Foto: Ark Encounter

ʼn Lewensgrootte replika van Noag se ark sal na verwagting miljoene toeriste per jaar na die klein dorpie Williamstown in die deelstaat Kentucky in die VSA lok.

CBS News berig die godsdienstige groep Answers in Genesis is aan die stuur van dié projek van sowat R1,5 miljard. Die ark wat volgens die mate wat in die Bybel aangedui word gebou is, is van 7 Julie oop vir die publiek. Volgens die Bybel was die mate van die ark 300 ellemate (tussen 139 en 155 m) by 50 ellemate (tussen 23 en 25 m).

Die replika van die ark sal ook honderde dierebeelde bevat met verwysing na die opdrag wat God vir Noag gegee het om diere twee-twee in die ark te laat ingaan.

Die ark, wat deel van die Ark Encounter-pretpark sal vorm, sal na verwagting jaarliks tussen 1,4 en 2,2 miljoen mense lok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Gerhardt O ·

Mmm, disnosourusse in die ark. Ek wonder ook of Noag moerre en boute gehad het daardie tyd…

Jan Mostert ·

As ek reg verstaan was die dinosourusse toe al uitgesterf? Ek dink die sonvloed moet reg verstaan word in konteks.

Chrisjan ·

Bewyse van mense en dinosaurusse wat saam bestaan en deur vloed begrawe is: https://amazingdiscoveries.tv/media/8/103-bones-in-stones/
Assiriers en Marco Polo se geskrifte praat van besoeke aan Noag se Ark. Afmetings van ark struktuur teen Arrarat in Turkye is presies volgens Bybelse mate. Gefossilleerde hout is inderdaad gelamelleerde hout (Gen 6:14 – gofer hout) en hele raamwerk is met komplekse allooi lang staal penne bevestig met klinknaels (nie skroefdraad en moere nie). Te sien in Turkse museum.
Noag het vir 150 jaar gepreek voor die vloed en net 7 mense het die boodskap geglo. Apostel Petrus het die vloed verhaal geglo. Lees asb 2 Petrus 3:3-7 Moet asb nie in ongeloof staan nie. Christenne Ron Wyatt en argeoloog Jonathan Grey het uitstekende Ark navorsing & ontdekkings gepubliseer. Noag was heeltemal intelligent genoeg om eerder jong diere van groot spesies op te laai – benodig min spasie en kos.

KLEIN ·

In so `n ark is al die diere (in Pare) plus kos en water vir veertig dae en veertig nagte gewees.

t ·

Lyk soos ‘n Velociraptor tussen die ander diere? ±64 miljoen vs ±8000 jaar?

Ivan ·

Waar het Noag die boute en moere gekry ? En die steier werk se verf lyk ook nog goed.

DG ·

Ja dit is in der daad moontlik. Daar is skitterende moontlikeids studies gedoen rondom die saak van die Ark. Die ark was nie net 40 dae en 40 nagte op die water nie, dit was om en by ‘n jaar op die water. Ontnou net diere wat deur neuse asem haal was op die Ark. Verder onthou dat alle dinosaurusse uit eiers kom, wat maksimum rugbybal grootte is. Met ander woorde Noag kon ‘n adolosente Sauropod saamgeneem het, dan was hy nog heel hanteerbaar. Gaan kyk gerus meer op die ondertaande skakels hoe die diere op die Ark gepas het, en hoe die vloed ontstaan het. Die bewyse ondersteun die Bybelse skeppings model baie goed, inteendeel baie beter as ‘n Evolusie model.

http://creation.com/how-did-all-the-animals-fit-on-noahs-ark

http://creation.com/catastrophic-plate-tectonics-the-geophysical-context-of-the-genesis-flood

SNEL ·

Ek stem DG, en met God vra jy nie vrae nie, jy glo, want nou sien ons in n dowwe spieël, maar eendag sal ons alles verstaan. Die wat glo, hou vas wat julle het, die wat nie wil glo nie, ons oortuiging niemand nie, glo ook wat julle wil. In die laaste dae 2 Tim 4:3 want daar sal ñ tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ñ menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

Henkst ·

Volgens Voltaire het die ongeloofwaardige en onmoontlike sondvloed storie hom genoop om die Bybelom die Bybel as geloofwaardige bron van kennis af te skryf.

Morne ·

Theo, ek sien darem niemand argumenteer nie, so as jy niks se dan bly dit so :)

Harry ·

Ai dis nou amasing. So m a w, die ark kon 125800 skape huisves as my berekeninge reg is. Dis 62900 paartjies. Die meeste diere is n skaap se grote. So naby 62 900 spesies kon op die ark wees. Die inligting het ek gekry om die eerste link te volg ingeval enige iemand gewonder het waar ek my getal skape gekry het. lol

Donovan ·

Ek moet se die mense wat die ark naboods doen dit goed… dit is min blowing…

Francois ·

Onthou God was saam Noag in die ark Hy self die deur toegemaak ek dink dit is puik sterkte en mag dit baie mense se oe oop maak .Stem saam jou DG

at ·

Daar is reeds een in Dordrecht Holland met alles in. Was daar en dus griot en amazing

At van Jaarsveld ·

Ek probeer weer. Daar is reeds so n ark in Dordrecht Holland. Was daar. Dit is massief en alles in hout en in detail gedoen. Alles volgens wat bybelse mates was.Diere so groot soos werklike diere. Gebou langs n rivier. Baie eg

Johan ·

Ek respekteer mense wat alles in die Bybel blindelings glo. So ook mense wat in Vvv’s en feetjies glo. As gelowige en wetenskaplike het ek baie al gevra: as ALLE diere in die ark teenwoordig was, hoe het die luidier en die koala, wat albei gebonde is aan baie spesifieke diete, eerstens daar by Nog uitgekom en tweedens, wat het hulle ge-eet? Die stelling dat net diere wat deur hul neuse asemhaal in die ark was is iets wat ek nog nie raakgelees het in die 6 verskillende vertalings wat ek besit nie. Terloops, sluit dit dan reptiele in/uit, watersoogdiere in/uit? Waar pas die lemurs van Madagaskar in, of het Noag hulle op pad ingelaai? Ek probeer nie snaaks of afbrekend wees nie, slegs om mense bietjie te laat dink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.