Foto’s: Londen se smalste huis nou te koop

(Foto: Tolga Akmen/AFP)

Tussen ʼn dokter se spreekkamer en ʼn bedrywige haarsalon word Londen se smalste huis as ʼn vertikale streep donkerblouverf uitgeken.

Die ongewone eiendom in Shepherd’s Bush in die weste van die stad wat oorspronklik ʼn Victoriaanse hoedewinkel met ʼn pakhuis en verblyf op die boonste verdieping was, is in die laat 19de of vroeë 20ste eeu gebou.

Op sy smaltse ent is dié huis slegs 1,6 m breed.

Terwyl die kombuis die smalste vertrek is en aan die ent van die grondvloer geleë is, is daar ook ʼn leefarea wat byna dubbel so groot is. Die oorspronklike winkel op die grondvloer is nou in ʼn ontvangsarea omskep en word met die eerste verdieping verbind deur spiraaltrappe. Die huis het steeds sy oorspronklike glaswinkelfront met ʼn lamp in die vorm van ʼn bolhoed.

(Foto: Tolga Akmen/AFP)

Die slaapkamer en studeerkamer op die eerste verdieping kyk uit oor die dakke en skoorsteenpotte van Wes-Londen, terwyl die spiraaltrappe na die badkamer op die tweede verdieping lei. Die hoofslaapkamer is op die derde verdieping en is slegs toeganklik deur ʼn luik wat deur die vloer oopmaak. Die ingeboude bed strek van muur-tot-muur.

Die huis is onlangs op die mark gesit vir £950 000 (meer as R19 miljoen).

David Myers, assistent-verkoopsbestuurder van Winkworth-eiendomsagente, sê die huis is beslis sy prys werd aangesien dit ʼn unieke deel van Londen se geskiedenis is.

“Die huis is vir ʼn jong paartjie of individu wat die skoonheid daarvan raaksien en dit gaan opraap.” – AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Baardman ·

Myne is 2 keer so groot en in die mark vir die helfte van die prys.

Frans ·

Sjoe dit is so klein dat jy na buite sal moet gaan as jy van gedagte wil verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.