ʼn Loterywenner van Jamaika het ’n slim plan beraam om haar boerpot te gaan afhaal sonder om haar identiteit prys te gee.
Die vrou het $180 miljoen in Supreme Ventures Super Lotto gewen en besluit om ’n emotikon-masker te dra toe sy haar tjek gaan afhaal het.
Volgens The Jamaican Star het die vrou, net bekend as N. Gray, dié besluit geneem weens die hoë misdaadvlakke in die land.
’n Woordvoerder van Supreme Ventures het aan die nuusagentskap gesê al hoe meer loterywenners gebruik vermommings om hul identiteit te beskerm.
Volgens die berig sal mense in Jamaika wat ryk grootgeword het juis spog met hul identiteite terwyl persone wat skielik ryk word bang is hulle word geteiken en dus hul identiteit probeer beskerm.
Klink soos Suid Afrika maar net sonder die weermag van lyfwagte wat mense hier nodig het.
Tensy haar kleredrag algemeen daar is, gaan dit verraai wie sy is en ook die haarstyl. Wens dit was ek. Kort daai fondse.
Hier word die lotto nie gewen nie…
Nogal oulik! Hoop die “groot hare” was ook vals…geniet die geld!