[Foto’s] Maak jou kind se gekrabbel ʼn mode-treffer

Die rokkies wat ontwerp word deur middel van die tekenprente (Foto: Picture This)

Die rokkies wat ontwerp word deur middel van die tekenprente (Foto: Picture This)

Jou kind se gekrabbel hoef nie meer êrens in ʼn boks te lê en stof opgaar nie. Danksy die maatskappy Picture This kan dié gekrabbel in ʼn unieke rokkie omskep word.

Dié onderneming is vanjaar begin nadat Jaimee Newberry van die VSA op ʼn dag vir haar dogtertjie ʼn rok gemaak het wat op haar tekenprent gebaseer was.

Dié rok het soveel aandag van vriende en klasmaats getrek, dat Picture This sy ontstaan gehad het.

Die proses is eenvoudig. Deur op die webwerf te gaan, kan jy ʼn rokgrootte kies en ʼn A4 uitdruk daarvan maak. Kinders kan dan die rokkie na hartelus inkleur en ʼn foto daarvan op die webwerf laai.

Bestellings word tans ongeveer twee weke nadat dit ontvang is by klante in die VSA afgelewer.Hoewel daar tot dusver nog net rokke deur die maatskappy vervaardig word, is daar reeds planne om die onderneming vir seuns en volwassenes uit te brei.

“Ons het nog net die rok beskikbaar omdat ons wil seker maak dat klante gelukkig is met die materiaal, snit en die eindproduk. Alle terugvoer dui egter daarop dat ons die onderneming gaan uitbrei,” het Newberry aan die webwerf Babble vertel.

Besoek Picture This se Facebook-blad.

Bron: Picture This

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.