Foto’s: Man se ‘babahondjies’ toe eintlik bere

Die boetie en sussie speel lekker saam by die Yunnan Wild Animal Rescue Centre waar hulle nou versorg word Foto: Society People

Die boetie en sussie speel lekker saam by die Yunnan Wild Animal Rescue Centre waar hulle nou versorg word Foto: China News

ʼn Man van China het onlangs ontdek dat die twee babahondjies wat hy vertroetel het, eintlik bedreigde swartbere is.

Volgens CCTV het Wang Kaiyu gesê hy het die diere ongeveer twee jaar gelede by ʼn Viëtnamees aangeneem. Hy het die ‘babahondjies’ elke dag versorg.

Maar toe hulle ouer word, het hy ongewone eienskappe opgemerk: die hondjies het al hoe meer begin eet en hulle het selfs sy hoenders gevreet, berig die Daily Mail. Die ‘hondjies’ het ook elkeen uiteindelik 45 kg elk geweeg.

Volgens die Daily Mail het Wang ʼn pamflet van die Buro vir Openbare Veiligheid gelees en ontdek sy troeteldiere is eintlik Asiese swartbere, kategorie 2 op die lys van bedreigde spesies.

Hy het sy troeteldiere aan die owerhede oorhandig en hulle is na die Yunnan Wild Animal Rescue Center geneem.

ʼn Woordvoerder van die organisasie het aan die Daily Mail gesê die twee bere, een manlik en een vroulik, is gesond en dit gaan goed met hulle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HFC ·

As jy renoster horing snuif kan jy maar sekere ook bere met honde verwar.

Eliza-beth ·

HFC – hahaha PUIK, jy het my nou goed laat lag. Ek weet ook nie hoe kan dit die kêrel SO lank vat om te sien die is nou nie hondjies nie.

Maryna ·

Hahahahahahahaha baie waar!! Die man is nie geseen met logika nie, of wag, dalk is hy breinloos…

Janine ·

Ag nee; regtig? Ons het selfs as kinders die verskil tussen wilde diere en honde geken. Moet seker dankbaar wees hulle is nie gevreet nie.

Weezie ·

HAhahahaha Janine, dan was dit seker black bear (bean) stir fly & Lice. Die ou het duidelik nuwe bril nodig.

Martin ·

Ek hoop nie hulle gaan ook nou vir ABSA blameer as hulle die “Baba Hondjies” wegneem nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.