Brandbestryders het gesukkel om ʼn 22-jarige man te red wie se kop in ʼn mikrogolfoond vasgesement is.
Die brandbestryders het ongeveer ʼn uur lank gesukkel en moes uiteindelik die mikrogolfoond uitmekaar haal om die man se kop te bevry, het Shaun Dakin, bevelvoerder van West Midlands-brandweer in Engeland, in ‘n verklaring gesê.
“Hy en ʼn groep vriende het sewe sakkies Polyfilla gemeng en rondom sy kop, wat met ʼn plastieksakkie oorgetrek is, gevorm,” het hy verduidelik. “Die mikrogolfoond is as ʼn vorm gebruik, en dit was nie ingeprop by die muur nie. Die mengsel het egter vinnig verhard en teen die tyd wat die brandbestryders ontbied is, het sy vriende al ongeveer 90 minute lank gesukkel om hom te bevry.”
Volgens Dakin kon die situasie baie erger gewees het. Sy vriende kon gelukkig ʼn strooitjie vir hom aangee sodat hy kon asem haal.
“So snaaks soos dit klink, kon hierdie jong man baie maklik versmoor het, of hy kon baie ernstige beserings opgedoen het.”
Vyf brandbestryders het Woensdagmiddag gespook om die man te bevry.
“Dit was ingewikkeld om die mikrogolf uitmekaar te haal, want ʼn groot deel was vasgesweis. Ons het ons tegniese span met ʼn video-oproep gekontak en kon hom uiteindelik bevry.”
As jy dom is moet jy maar die gevolge daarvan dra … :-)
Hoe’t iemand na ‘n val gesê: ” Gelukkig het net sy kop seergekry”.
Liewe genade, met sulke vriend e het jy nie vyande nodig nie. Die arme man.
Ek sien GEEN humor in die storie nie. Nou sal kinders dit seker ook gaan staan en probeer!!!
Stupid het geen grense nie!
Die man het seker groot kop gekry..
Dat julle kommentaar lewer maak my kop deurmekaar xxx
Aangesien dit in England plaasgevind het, kan ek nie die simboliek mis nie. Dit was maklik om by die Europese Unie aan te sluit, maar Brexit is bietjie taaier.
Skerp Eish!
Wraggies daar is nie pille vir stupidgeit nie!
Wat besiel ‘n mens om so iets te doen?