[Foto’s] Man sit vier ure lank in skoorsteen vas

ʼn 26-jarige man van Arizona het vier ure lank in sy skoorsteen vasgesit toe hy soos Kersvader toegang tot sy huis wou bekom. Foto: Tucson Fire Department, Facebook

ʼn 26-jarige man van Arizona het vier ure lank in sy skoorsteen vasgesit toe hy soos Kersvader toegang tot sy huis wou bekom. Foto: Tucson Fire Department, Facebook

ʼn Man van Arizona het vier ure lank in sy skoorsteen vasgesit toe hy soos Kersvader toegang tot sy huis wou bekom nadat hy homself uitgesluit het.

Die 26-jarige man het Sondag in sy skoorsteen by sy huis in Tucson vasgesit totdat brandbestryders hom kon red.

ʼn Buurman het gelukkig die man se hulpkrete gehoor en die brandweer ontbied. Teen die tyd wat die brandbestryders opgedaag het, het die man al ver genoeg in die skoorsteen afgeskuif om aan die grond te raak, maar die uitgang was te nou vir hom om te ontsnap.

Brandbestryders het hom weer in die skoorsteen opgetrek.

Die brandweer het foto’s van die reddingspoging op sy Facebook-blad geplak en wys hoe die man in roet bedek is. Een van die laaste foto’s wys hoe hy een van sy helde omhels.

Paramedici het die man op die toneel ondersoek. Hy is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Fielies,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die flater, ons het reeds die berig gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroel Media

Meraai ·

Oe! Nou gelag dat die traaaane loop! Die ou het omtent soos ‘n tokkelossie gelyk nadat hy gered is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.