[Foto’s] Ma’s se matriekafskeidrokke herleef

ʼn Matriekafskeid is ʼn spesiale geleentheid, veral vir meisies. Die soektog na ʼn rok begin al maande voor die groot geleentheid en selfs die haarstyl, skoene en bykomstighede word fyn beplan. Ongelukkig is dit ook ʼn duur affêre en nie vir almal beskore nie. Dit is juis om dié rede dat meisies in die VSA hul ma’s se matriekafskeidsrokke begin dra. Daar is nou soveel meisies wat dit doen dat dit sommer mode geword het! Kyk net hoe pragtig lyk dié “vintage” rokke…

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

A ·

Wow, dit nogals goed! Ek het my rok laaaaaannnnnkkk terug al weggegee. Sal nou maar moet gaan nuwe rok soek vir my dogter.

Ouma ·

Dit wys jou: As jy klere in ‘n klasieke styl en van goeie gehalte koop, kan jou kinders dit nog dra. My dogter dra nou nog van my “suiwer nuut wol” baadjies en jasse. Net die voerings is vervang. Toe ek begin werk het, was platform-skoene in die mode. As my kleinkinders nou na my ou foto’s kyk, huil hulle omdat Ouma dit weggegooi het toe dit nie meer mode was nie.

Robert ·

Van hierdie datums lyk maar vir my snaaks…..en dit hangaf watter “prom” dit is, daars baie verskillendes, nie noodwendig “matriek afskeid” nie

Serfies ·

Sommige van die mammas moes dan gou na matriek al geboorte geskenk het aan hulle dogters . Tog ‘n goeie gedagte om ‘n rok so lank te bewaar.

JoeV ·

Baie mooi!
Sukkel self bietjie om te vat aan 1990 wat 27 jaar gelede was, werk nog nie vir my nie! Kinders word so vinnig groot!

CK ·

Fantasties. Ek sou wat wou gee om vandag my ma se mini-rokke te kon dra – dis nou die jare 60’s. Al daai “high waste” is weer hoog mode. Dink nogal my dogter sal my matriekafskeid rok dra as sy nou reeds in Matriek was.

Nettie ·

As ek ‘n dogter gehad het, dink ek sy sou nie DOOD gesien wou wees in mý matriekafskeid-“skepping” nie. Koningsblou gewaterde tafsy met swart, nagemaakte Chantilly-kant in roosknoppie-vorm. Die moue was ENORM en die nekkie was ‘n preutse hoë V-nek. Die rok het ‘uitgeblom’ tot net bokant die enkels en daar was ‘n YSLIKE strik met ‘n aan-steekroos reg voor in die middel. Die kant het soos met die wynrooi rok hierbo, bo-oor die rok gekom en ek het ‘n kant-sjaaltjie en handskoene gehad. Dit was glad nie wat ek wou gehad het nie en ek het amper nie afskeid toe gegaan nie, maar my ma was ferm: dit is òf dié rok óf geen matriekafskeid nie.

Leoni ·

Ek lag net so lekker saam … ( wou my trourok so gehad het ,, darm het die trouroktannie ingetree … )

Elma ·

Ek het nie ‘n rok gehad nie en was dus nie matriekafskeid toe nie. Maar ek het vir my meisiekind die mooiste rok laat maak vir háár afskeid. Miskien moet ek dit eendag aantrek en die dogter se matriekafskeidrok laat herleef.

Namgrl ·

Ek het nog my rok, en genade, dit is al 20 jaar gelede. Dit was nie gemaak nie – ‘n rokkie by Edgars gekoop destyds. My dogtertjie is nou in graad 7 – nog 5 jare – sal maar sien hoe die mode daai tyd lyk. :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.