Die ontwerper Gianluca Gimini het vriende en vreemdelinge gevra om fietse te teken – voor hy dit gebou het.
ʼn Paar van die ‘kunstenaars’ het dit reggekry, maar meeste persone het tegniese foute gemaak en fundamentele dele van die raam, pedale of ketting vergeet.
Dié oefening word vergelyk met sielkundige toetse wat probeer uitbeeld hoe min ons weet in vergelyking met dit wat ons dink ons weet.
Gimini wou egter nie vir mense bewys hoe dom hulle is nie, maar eerder hoe buitengewoon mens se verbeelding kan wees.
Hy het sedert 2009 al 376 tekeninge ingevorder van persone tussen 3 en 88 jaar oud en die fietse in ʼn 3D-program gebou.
Lees meer: Velocipedia
Besoek Gimini se webwerf
Party lyk na “baie- sikkel”