[Foto’s] Miniatuur-wonderwêreld

Tatsuya Tanaka (Foto: Miniature Calendar)

Die Japannese kunstenaar Tatsuya Tanaka skep inspirerende in ingewikkelde alledaagse tonele in ʼn miniatuur-wonderwêreld.

Dit is ʼn plek waar broccoli ʼn yslike groot boom word, waar mans teen ʼn blok kaas af kan ski en motorfietswedrenne op ʼn langspeelplaat plaasvind.

Tatsuya werk al sedert 2011 aan dié miniatuurkalender. Hy laai daagliks nuwe foto’s op sy webwerf – en die foto’s is vol kreatiwiteit, humor en persoonlikheid.

Beleef ʼn parallelle heelal deur dié miniatuur-karaktertjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa B ·

Baie oulik – goed gedoen. Dis ook net hulle wat so kreatief kan dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.