Foto’s: ‘Mooiste’ agtjarige tweeling ʼn groot treffer

Leah Rose en Ava Marie Clements (Foto via ClementsTwins, Instagram)

ʼn Identiese tweeling, Leah Rose en Ava Marie Clements, se ma het sommer kort ná hul geboorte komplimente gekry oor die twee se natuurlike skoonheid, maar sy het nie dié reaksie verwag van modelagentskappe en die publiek nie.

Die tweeling is op 7 Julie 2010 in Kalifornië gebore en hul ma, Jaqi, het hulle by ʼn modelagentskap ingeskryf toe hulle ses maande oud was, maar het besef dit gaan net te dol gaan met ʼn tweejarige seun en die tweeling in die huis.

Jaqi verduidelik in ‘n aanlyn webjoernaal toe Leah en Ava hul sewende verjaarsdag gevier het op 7 Julie 2017 (2017/07/07), het sy gedink dis ʼn teken en die eerste foto van die meisies op Instagram gelaai. Binne ʼn paar maande het die tweeling roem behaal en nou, byna ʼn jaar later, het hulle reeds meer as 248 000 volgelinge op Instagram.

Modelagentskappe het ook by die gesin aangeklop en die meisies is nou deel van twee modelagentskappe. Hulle het reeds kontrakte gekry vir kinderklerehandelsmerke en tydskrifte. Volgens Jaqi het hulle binne ʼn week ses verskillende fotosessies gehad.

Van die kommentaar op Instagram is “absolutely stunning”, “so beautiful” en “really truly gorgeous girls”. Van die kommentators beskryf hulle selfs as “die mooiste meisies in die wêreld”.

Jaqi sê alhoewel hulle baie besig is, geniet die twee elke oomblik. Sy vertel hoe sy die twee gevra het of hulle dalk in modelwerk sou belangstel. “Ek het hulle van my idee vertel en gesê, as hulle kans sien daarvoor, dan kan hulle, bo en behalwe hul dansklasse en weeklikse swemoefeninge, ook modelwerk probeer. Ek was glad nie verbaas toe hulle op en af gespring het en nie kon wag om te begin nie!”

Die twee is glad nie kamerasku nie. “Hulle dans graag voor ʼn gehoor – enige gehoor. Hulle hou baie daarvan om die middelpunt van belangstelling te wees!”

Sy gee ook ʼn paar wenke vir persone wat ook met ʼn Instagram-rekening wil begin.

Jaqi het ook negatiewe kommentaar in haar joernaal aangespreek. Volgens haar is van die mees algemene kritiek dat die kinders hartseer lyk in die foto’s, dat dit lyk of hulle gegrimeer is en dat sy hulle moet toelaat om “net kinders” te wees.

Sy sê net soos ʼn akteur of ʼn aktrise ʼn karakter in ʼn fliek of TV-program vertolk, moet ʼn model ook ʼn rol speel in ʼn foto. “Elke fotosessie het sy eie tema en konsep. In sommige van die fotosessies moet hulle glimlag, lag en speels wees. Ander vereis weer ʼn ernstige uitdrukking. Dit beteken nie hulle is ongelukkig of hartseer nie.”

Jaqi verduidelik daar is op elke stel ʼn professionele haarstilis en grimeerkunstenaar, en die idee is dat die meisies op hul beste moet lyk vir die foto’s. “Ja, hulle word gegrimeer, en hulle dink dis groot pret! Elke jong meisie droom daarvan om gegrimeer te word!”

Sy voeg by die meisies geniet regtig die modelwerk, net soos ander kinders van sport of dans of musiek hou. “My meisies hou van sport en dans én modelwerk! Dis elke week ʼn nuwe avontuur.”

Klik hier om nog foto’s te sien of besoek die Instagram-rekening

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Zettie ·

Hulle is pragtig, maar die ouers is baie onverantwoordelik. Die kinders is te jonk om so blootgestel te word………..

Ansa ·

Ek stem saam. Buiten die gevare verbonde aan blootstelling gaan baie (indien nie alle) kinderlike onskuld en sorgeloosheid verlore in die proses. Ouers het die reuse verantwoordelikheid om deeglik te besin oor wat werklik tot voordeel van die kinders is.

jessica ·

We have twin girls, and they also the most beautiful twin in the world.

Gertryda ·

Oeeee hul is beeldskoon
Die oë is pragtig
Jy mag maar spog mamma

Niklaas ·

Pragte 2 ling. Ek sal nogal graag wil sien hoe mooi is die mamma.

Marinda ·

Hierdie twee kinders het voorwaar pragtige oë. En dis asof hulle oë met jou praat.

JPV ·

Hulle is pragtig, maar ai tog – die wêreld se beheptheid met die uiterlike……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.