Foto’s: ʼn Dorpie in Colorado kan joune wees

Colona (Foto: Realtor.com)

Slegs ʼn uur se ry van Telluride-ski-oord, een van die beste wintervakansiebestemmings in Colorado, VSA, lê die klein skilderagtige dorpie Colona. Dié dorp is op soek na ʼn nuwe eienaar.

Die geskiedkundige dorp is te koop vir $6,6 miljoen (sowat R96 miljoen).

“Dis ʼn unieke geleentheid om te help om die volgende hoofstuk van dié Colorado-dorp te skryf,” lui ʼn inskrywing op die eiendomsagentskap se webwerf.

Realtor.com verduidelik die hele dorp word by die prys ingesluit. Dit sluit in: 12 residensiële erwe, nege huurhuise, ʼn poskantoor en ʼn opslagwerf. Die restaurant en koffiewinkel is egter nie by die prys ingesluit nie.

“Colona is geleë waar die berge by die vallei aansluit, op snelweg 550 tussen Ridgway en Montrose, ʼn 55 minuut lange landskapsrit na Telluride,” lui die inskrywing.

Die foto’s wys die stil dorpie wat lyk of dit deel vorm van ʼn fliek: van stil sneeubedekte berge tot die kontras van donkerhout teen ʼn bewolkte agtergrond.

Volgens die dorpie se webwerf is dit in 1882 tot stand gebring en het net 23 inwoners.

As jy nie ʼn hele dorp wil koop nie, is ʼn herehuis in Telluride beskikbaar vir $7 miljoen (sowat R102 miljoen).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

B-Man ·

Ek wens ek kon die dorp besit, sodat wanneer ANC en EFF my grond wil vat kan hulle daar gaan bly.

ameli ·

Kom ons Maroela lesers koop die dorpie saam, dan noem ons dit die Maroela dorpie jinne ons gaan dan lekker gesels. Sommer so op mekaar se stoepies soos koperasie stories.

Koen ·

Sal moet ‘n hele paar kerke bou vir al die verskillende denominasies.

ONTPS ·

Dit moet ‘n tikfout wees: koop die hele dorp vir $6,6 miljoen, of een herehuis vir $7 miljoen? Koop dan eerder die dorp, dis ‘n winskoop. Veral as jy dan die huis een-een kan verkoop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.