Foto’s: ʼn Fantasiewêreld vir sy kinders

Foto: John Wilhelm

John Wilhelm, ʼn fotograaf van Switserland, omskep gewone foto’s van sy kinders in die wonderlikste fantasiewêreld.

Die 48-jarige fotograaf en sy vrou het drie dogters en een seun.

“Fotografie was nog altyd ʼn belangrike deel van my lewe. My pa was ʼn ervare stokperdjie-fotograaf en het minstens twee plaaslike fotografieverenigings gestig. Ek het dus in ʼn wêreld van kameras, tydskrifte, lense, donkerkamers en snaakse troues grootgeword,” vertel John.

Hy meen sy lewe het egter verander toe hy vir die eerste keer ʼn digitale kamera vasgehou het. “Die erns van fotografie het in vreugde verander en ʼn lang reis het begin.”

Sedert Februarie 2011 het hy “gewone fotografie” ʼn stappie verder geneem: “Ek het die wêreld van fotoredigering en 3D betree – dit was die beste ding wat ek ooit gedoen het. Nou is fotografie ʼn absolute passie!”

Jy kan John se avonture op Facebook of Instagram volg.

Sien sy werk in chronologiese volgorde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Denise ·

Dit is nou vir my baie mooi en oulike fotos doen so voort John !!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.