[Foto’s] ʼn Kunsgalery spesiaal vir diepsee-duikers

Foto: Jason deCaires Taylor via Facebook

Foto: Jason deCaires Taylor via Facebook

ʼn Britse kunstenaar se asemrowende nuwe uitstalling is nie sommer vir enige kunsliefhebber om te sien nie. Dié uitstalling kan slegs deur skubaduikers besoek word.

Jason deCaires Taylor het die uitstalling, Museo Atlantico, op die bodem van die Atlantiese Oseaan opgerig. Die lewensgrootte beelde kan in die see naby die vakansie-eiland, Lanzarote, besigtig word.

Taylor het die uitstalling geskep ter nagedagtenis aan almal wat verdrink het in hul pogings om die Europese kus te bereik. Volgens Taylor verteenwoordig van die skeppings ook die mensdom se “onverbiddelike optog na selfvernietiging” weens klimaatsverandering.

Die onder-water galery sal op 25 Februarie amptelik open.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.