Jason deCaires Taylor het die uitstalling, Museo Atlantico, op die bodem van die Atlantiese Oseaan opgerig. Die lewensgrootte beelde kan in die see naby die vakansie-eiland, Lanzarote, besigtig word.
Taylor het die uitstalling geskep ter nagedagtenis aan almal wat verdrink het in hul pogings om die Europese kus te bereik. Volgens Taylor verteenwoordig van die skeppings ook die mensdom se “onverbiddelike optog na selfvernietiging” weens klimaatsverandering.
Die onder-water galery sal op 25 Februarie amptelik open.